Jaylin Karelse (20) is Donderdag gevonnis vir die verkragting en moord op Marlene Standaar in 2012 in Robertson in die Wes-Kaap.
Alles vir Vrydag 12 September 2014
Nuuskommentaar: Oscar-saak toets nou ook regsbeginsels
Regter Thokozile Masipa se uitspraak in die opspraakwekkende Oscar Pistorius-moordverhoor is nog nie volledig gelewer nie, of nuwe fronte van omstredenheid is reeds geopen. Die hoof-brandpunt wentel om twee Latynse woorde – dolus eventualis, of te wel, verminderde aanspreeklikheid.
Man vas ná hy glo op borg moor
ʼn Man van Lenasia wat glo by ʼn padwoedevoorval betrokke was waar ʼn man doodgeskiet is, is Donderdag in hegtenis geneem.
Ses sterf in Witrivier-ongeluk
Ses mense is Donderdag dood na ʼn ongeluk op die R40 tussen Witrivier en Hazyview in Mpumalanga.
Zuma sê hy kan OB se bevindinge hersien
President Jacob Zuma het Donderdag aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gesê daar kan nie van hom verwag word om haar verslag oor Nkandla net te aanvaar nie.
Gedagte vir die dag: Groei in God
Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Pet 3:18)