Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) het Vrydag gesê Oscar Pistorius sal weer aan byeenkomste kan deelneem nadat hy sy straf uitgedien het nadat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 September 2014
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het Saterdag gesê hy doen dringende stappe om seker te maak dat die akademiese program so gou as moontlik kan hervat by sy Pretoria- en Ga-Rankuwa-kampusse ná studentebetogings.
Man val van krans; twee dae later gered
ʼn Man, wat twee dae lank tussen twee rotse vasgekeer is, is Saterdag in Illembe, KwaZulu-Natal bevry.
Drie vas oor Paulpietersburg-plaasmoord
Drie verdagtes is Vrydagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Nico en Mercia Lens op ʼn plaas in die Paulpietersburg-distrik in KwaZulu-Natal.
Dit lyk na neusie verby vir Bokke
Die neerlaag Saterdag teen Nieu-Seeland maak dit vir die Springbokke baie moeilik om 2014 se Rugbykampioenskap te wen.
Oos-Kaap-vliegtuigongeluk: Pa en seun ernstig beseer
ʼn Pa en sy seun is Saterdag ernstig beseer nadat hul ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Alicedale in die Oos-Kaap neergestort het.
‘n Lewendige geskiedenis: Volg die Rebellie van 1914-15 op Facebook
Maroela Media het onlangs met ʼn sosialemedia-veldtog begin waar die dag tot dag-gebeurtenisse van Die Rebelle van 1914 en die Unieregering van die dag weergegee word. Jackie Grobler verduidelik in dié stuk wat destyds gebeur het en gee ʼn voorsmakie van wat lesers kan verwag
JMPD-beampte en kêrel sterf moontlik in moord, selfmoord
ʼn Vroulike metropolisiebeampte en haar kêrel is dood aangetref by hul huis in Meadowlands in Soweto.
Video: Die maklikste manier om veters te knoop!
Jy kan al jou vriende beïndruk deur hierdie eenvoudige manier om jou skoenveters mee te knoop.
Nuwe paroolraad vir Waterkloof-4 se Christoff
Die departement van korrektiewe dienste moet ʼn nuwe paroolraad saamstel om Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se aansoek om parool te oorweeg, het Beeld Saterdag berig.
Vir sulke Bokke haal `n mens hoed af!
Verloor, ja, maar geen rede vir sak en as nie. Die Springbokke het met hul beste vertoning in `n baie lang tyd getoon dat hulle weer die publiek en die All Blacks se respek verdien, al was die telling 10-14.
Twee beseer in JHB-vliegtuigongeluk
Twee mans, in hul 40’s, is Saterdagoggend beseer toe hul ligte vliegtuig by die Springs-vliegveld neergestort het.
Video: Burger King se swart burgers
Burger King het ʼn swart burger, genaamd die “Kuro Burger” vir sy klante in Japan beskikbaar gestel.
Nkandla: Hý is die sondebok, sê SOE
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het bevind dat pres. Jacob Zuma verryk is deur staatsgefinansierde opknappings by sy huis in Nkandla, maar beskuldig die argitek vir die verlies van miljoene omdat die projek tot “onaanvaarbare uitspattigheid” verhef is.
“Dis nie die regte uitspraak nie” – June Steenkamp
Reeva Steenkamp se ouers glo die uitspraak dat Oscar Pistorius skuldig bevind is aan strafbare manslag nadat hy hul doogter doodgeskiet het, is nie reg nie, het NBC Vrydag berig.
Renosterhoring is ʼn “statussimbool”
ʼn Omgewingsaktivis het Vrydag gesê dit word in Vietnam as ʼn statussimbool beskou om renosterhoring te besit.
Platejoggie glo ‘n spoedvraat
ʼn Bekende platejoggie van Metro FM is Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem vir ʼn spoedoortreding, het die metropolisie Vrydag gesê.
Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spr. 4:23)