Die ervare Springbok-driekwart JP Pietersen is opgeroep om die beseerde Bok-skrumskakel Ruan Pienaar in die Springbokgroep te vervang.
Lees meerAlles vir Sondag 14 September 2014
Groot planne om 100-jarige herdenking van 1914-Rebellie op sterfdag van De la Rey te gedenk
Die dood van die Boeregeneraal Koos de la Rey op 15 September 1914 en die daaropvolgende rebellie word Maandag, 15 September 2014, presies 100 jaar ná De la Rey se skietdood, op verskeie maniere landswyd herdenk.
Worcester-polisielid en verdagte se ma vas oor korrupsie
ʼn Polisiebeampte van Worcester in die Wes-Kaap is Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn klaer probeer oorreed het om kriminele aanklagte te laat vaar.
Nkandla-groentepakhuis nié vir Zumas nie
ʼn Groentepakhuis wat naby aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla gebou is, is tot voordeel van die gemeenskap, het die departement van samewerkende regering in KwaZulu-Natal Sondag gesê.
Vermeende olifantstropers in Mosambiek aangekeer
Ses verdagte olifantstropers wat glo op ʼn groot wildreservaat doenig was, is in Mosambiek aangekeer.
SAID konfiskeer $9.3 miljoen by Lanseria-lughawe
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het by die Lanseria-lughawe in Gauteng beslag gelê op kontant ter waarde van $9.3 miljoen (ongeveer R102 miljoen).
Slapende ‘verkragter’ aangekeer
ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn vrou by haar huis in Pampierstad in die Noord-Kaap.
Leeus op vrye voet in Limpopo
Twee leeus is op vrye voet in Tolwe in Limpopo, het die polisie Sondag gesê.
Rooftog by adjunkminister se huis
Pamela Tshwete, adjunkminister van waterwese, het bevestig daar was Saterdagaand ‘n rooftog by haar huis in King Williams Town in die Oos-Kaap.
Skadevergoeding ná Afrikaanse borgtogaansoek geweier word
‘n Landdros moet skadevergoeding van R115 000 plus rente uit haar eie sak betaal nadat sy geweier het om ‘n veroordeelde bedrieër se borgtogaansoek aan te hoor omdat dit in Afrikaans was, het Rapport Sondag berig.
Seun vas ná ma se erge aanranding
‘n 20-jarige sal na verwagting volgende week in die landdroshof in Hermanus verskyn nadat hy glo sy ma aangerand het, het Rapport Sondag berig.
Dieretuin-veiligheidsmaatreëls opgeskerp ná waarskuwing
Die Pretoriase dieretuin het Sondag gesê hy het sy veiligheidsmaatreëls opgeskerp ná twee rooftogte in die omgewing.
Hardlopers deur swerm perdebye aangeval
Hardlopers wat Saterdag aan ʼn oriëntasiewedloop in die Tsjeggië deelgeneem het, moes ʼn onverwagse hindernis oorkom toe ʼn swerm perdebye op hulle toegesak het.
Video van derde IS-onthoofding vrygestel
IS-ekstremiste het Saterdag ʼn video vrygestel waarin ʼn Britse hulpdienswerker, David Haines, onthoof word. Dit is die derde soortgelyke onthoofding in die afgelope paar weke. ‘n Video van die onthoofding volg onderaan die berig. WAARSKUWING: Alhoewel die onthoofding nie gewys word nie, is die beeldmateriaal skokkend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.
Foto’s: Man beseer toe sleepwa boom tref
ʼn Man is Saterdag in Brakpan, Gauteng, ernstig beseer nadat ʼn motor met ʼn sleepwa ʼn boom getref het.
Wilde skietery in Doornfontein, JHB
Een vrou is dood en minstens vyf ander mense, waaronder drie kinders, is Saterdag beseer tydens ʼn skietery in Doornfontein in Johannesburg.
Toets eis drie beserings en Bokke kry oorsese lof
Met Ruan Pienaar se kniebesering is dit so te sê seker dat die Springbokke ‘n tweede skrumskakel sal moet betrek vir die res van die Rugbykampioenskap.
Gedagte vir die dag: Die vreugde van die Here
Vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. (Ps 68:4)