Twee mans is Maandagaand dood nadat hul ligte vliegtuig in ʼn spruitjie naby die D459 buite Hillcrest, KwaZulu-Natal neergestort het.
Lees meerAlles vir Maandag 15 September 2014
All Blacks suur ná hul sege
As dit by suur druiwe kom, is die All Blacks voor in die koor – selfs al wen hulle.
“Hof het ons verraai,” sê Reeva se halfbroer
Reeva Steenkamp se halfbroer, Adam Steenkamp, het in ʼn onderhoud met die Daily Mail gesê Oscar Pistorius se moordverhoor was ʼn “groteske pantomime”.
Video: Generaal sê sy ‘haat wittes’, spoeg op grond
Die hooggeregshof in Kimberley het beslis dat weermaglede adjudant-offisier At Malan onregmatig in hegtenis geneem en aangerand het omdat hy sy werk gedoen het.
TUT skors studenteraad
Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Maandag aangekondig dat hy sy studenteraad geskors het.
Grabouw-betogers met rubberkoeëls verjaag
Die polisie het traangas en rubberkoeëls gebruik om meer as 1 000 betogers in Grabouw in die Wes-Kaap te verdryf.
‘Bring terug die doodstraf,’ sê weduwee by verhoor oor plaasmoorde
ʼn Vrou wie se man twee en ʼn half jaar gelede tydens ʼn plaasaanval vermoor is, het Maandag tydens die Menseregtekommissie (MRK) se openbare verhoor oor plaasmoorde gevra dat die doodstraf weer ingestel word.
Boek: Die Afrikanerrebellie, 1914-1915
Dié boek – uit die pen van 12 vooraanstaande historici – ondersoek die prominente persone en gebeure en die nadraai van die Rebellie.
1914-Rebellie: 2 000 name van rebelle onthul – kom soek die rebel in jou voorgeslagte!
Die herdenking van die Rebellie van 1914 is vandag, presies 100 jaar ná die skietdood van generaal Koos de la Rey, gedenk met die bekendstelling van ʼn projek getiteld “De Wet, Beyers en . . . ek”.
WAT Woord van die Week: makrielkuite
Sommige liggaamsbouers het regte makrielkuite as hulle nie die regte oefeninge doen nie! Die WAT Woord van die Week is “makrielkuite”
Rusland plunder pensioenfonds om sanksies teen te werk
Rusland het sowat 309 miljard roebel (sowat $8,13 miljard) uit die land se pensioenfonds geneem om bedrywe in die land teen die effek van sanksies te verskans.
Kovsie-student spring glo ná hy tragiese nuus hoor
Morné van der Westhuizen (19) het Maandag, etlike minute nadat hy slegte nuus oor sy vriendin, Chrisna Botha, in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein ontvang het, na sy dood gespring.
Misdaadstatistiek Donderdag vrygestel
Die land se misdaadstatistiek vir 2013/2014 word Donderdag vrygestel.
AfriForum Jeug: “Rassisme ontstel wit Tukkies-studente”
AfriForum Jeug het ʼn dringende beroep op die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) gedoen om ondersoek in te stel na bewerings dat swart studente uitlatings en dreigemente teenoor wit studente geuiter het.
Boek: Padlangs deur die lewe
Jimi le Roux se daaglikse oordenkings, Padlangs, bestaan al meer as 11 jaar en word aan meer as 7 000 intekenare uitgestuur. Padlangs deur die lewe is ’n uitvloeisel van dié oordenkings.
Klankgolf: Nóg ʼn suksesvolle Afrikaanse gemeenskapsradiostasieseminaar
Altesaam 16 gemeenskapsradiostasies van dwarsoor die land het Maroela Media se derde jaarlikse Afrikaanse gemeenskapsradiostasieseminaar, Klankgolf, bygewoon.
Moetie-moord: Minderjarige verdagtes pleit onskuldig
Drie minderjariges, wat na verwagting sou skuld erken vir hul rol om ʼn prostituut te vermoor en te onthoof, het Maandag in die Durbanse streekshof onskuldig gepleit.
Kommentaar: Hoe word die Maroela Media Top 20 saamgestel?
Sedert die ontstaan van Grammofoon was daar ‘n Top 20-trefferslys, wat ‘n voortsetting was van die trefferslys wat op die webtuiste www.dinamiet.co.za te sien was….
Redakteursbrief: Plant ʼn blom
“Een van die goed wat ek nié by my ma geërf het nie, maar wat ek wens ek het, is haar groen vingers. Sy is een van daardie mense wat ʼn ding met wortels in die grond druk, daarvoor kyk, en twee weke later begin blommetjies pluk,” skryf Susan Lombaard.
Student spring na sy dood by Mediclinic Bloemfontein
ʼn 19-jarige student het Maandag by die Mediclinic Bloemfontein na sy dood gespring.