Die situasie in Grabouw in die Wes-Kaap is erg gespanne met betogers wat velde langs die N2 aan die brand steek en winkels wat geplunder word.
Alles vir Dinsdag 16 September 2014
Video: Hy gebruik 1 000ste YouTube-video om jawoord te vra
‘n YouTube-gebruiker het besluit om sy 1 000ste video op dié sosialemedia-platform te gebruik om sy meisie die jawoord te vra.
Dwaalkoeël tref man op snelweg in Centurion
Wayne Heenop (25) het Saterdagaand bebloed na die Steve Biko-hospitaal gejaag nadat hy op die R21-snelweg geskiet is.
Sou die Skotte hul kans in Afrika kry?
Eugene Brink neem die kwessie van selfbeskikking in die vorm van staatskap (sesessie) in die eeu van globalisering en oënskynlike vervaging van grense onder die loep.
VSA se breë bondgenootskap teen IS kry steun
Pres. Barack Obama het, volgens ’n Rasmussen-peiling wat pas gehou is, die steun van 66% van die Amerikaanse kiesers om lugaanvalle teen die IS na Sirië uit te brei.
Oekraïne: Tydelike selfbestuur vir rebelle aangebied
Die parlement van Oekraïne sal Woensdag besin oor die toestaan van selfbestuur vir die volgende drie jaar aan gebiede in Oos-Oekraïne.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde se boek sonder einde
Dis soos ʼn boek wat net nie klaar geskryf kan word nie. Plaasaanvalle duur onverpoosd voort, skryf Herman Toerien.
Man gee hom oor ná hy glo ANC-jeugligaleier skiet
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die skietery waarin Boy Mamabolo, die ANC-jeugligaleier in Limpopo, en drie vriende gewond is.
Plaasaanval: Oud-Zim-boer op Vrystaatse plaas aangerand, beroof
Crawford von Abo, die Zimbabwiese boer wat groot verlieste gely het weens grondgrype in sy land, is op sy plaas in die Vrystaat aangeval, het Beeld Dinsdag berig.
VUT se klasse óók opgeskort
Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het Maandag gesê klasse sal binnekort by dié instansie hervat ná betogings op die kampus.
Ses stropers in Limpopo aangekeer
Ses vermeende renosterstropers is oor die naweek in twee afsonderlike voorvalle in Limpopo in hegtenis geneem.
Radebe gedagvaar om in gelykheidshof te verskyn oor rasbesluit
Solidariteit het Jeff Radebe, voormalige minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gedagvaar om in die gelykheidshof in Pretoria te verskyn nadat hy glo geweier het om ʼn lid van die vakbond aan te stel op grond van sy ras.
UP ondersoek “rassistiese voorval”
Die Universiteit van Pretoria (UP) het bevestig dat hy ondersoek instel na ‘n beweerde voorval waar swart studente glo uitlatings en dreigemente teenoor wit studente geuiter het.
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking was teen laat Maandagaand nog onseker of enige Suid-Afrikaners geraak word deur die ineenstorting van geboue in Lagos, Nigerië wat tot die dood van meer as 40 mense gelei het.
Gedagte vir die dag: Lewe in die lig
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? (Rom. 8:31)