George, ʼn goudvis van Australië, sterk tuis aan nadat hy ʼn operasie ondergaan het om ʼn lewensbedreigende gewas te verwyder.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 September 2014
16 onwettige immigrante ontsnap
Die polisie in Noordwes het Woensdag gesê dat 16 onwettige immigrante uit die Rustenburg-polisiestasie ontsnap het.
Malema uitgejaag oor Ramaphosa-uitlatings
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, is Woensdag beveel om die nasionale vergadering te verlaat nadat hulle adjunkpresident Cyril Ramaphosa beledigings toegesnou het.
De Jager verlof tot appèl geweier
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag beslis dat Johannes Christiaan de Jager, wat gevonnis is vir die moord op twee tieners, nie teen sy skuldigbevinding of vonnis kan appelleer nie.
Seun in hof ná aanval op ma
Nicholas van der Pluym, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ma erg aangerand het, het Woensdag in die Hermanus-landdroshof verskyn.
Munisipaliteit moet opdok ná slaggat-ongeluk
ʼn Munisipaliteit van KwaZulu-Natal moet R450 000 skadevergoeding aan Lorraine Margaret Burn betaal nadat haar motor se band gebars toe sy deur ʼn slaggat gery het.
Nuuskommentaar: Elf amptelike tale ’n werklikheid of klug?
Herman Toerien neem die praktiese implikasie van 11 amptelike landstale onder die loep in die lig van Woensdag se uitspraak in die gelykheidshof dat wetgewing nie in al 11 amptelike tale vrygestel hoef te word nie.
OUTsurance-puntsman stabiel ná 1000 bysteke
Omstanders moes Dinsdagmiddag inderhaas ʼn plan beraam om Gert Venter, ʼn 68-jarige OUTsurance-puntsman van Centurion, se lewe te red nadat ʼn swerm bye hom aangeval het.
Nog ʼn baba in die Suzuki-stal
Die nuwe Suzuki Splash pas netjies in die gaping tussen die gewilde Alto-intreevlakmotortjie en die uiters suksesvolle, subkompakte Swift-luikrugmotor.
Schalk Burger terug in Springbokke se groep
Die ervare Springbokflank Schalk Burger (71 toetse) sal nog Vrydag vir sy Japanse klub speel en hom daarna in Kaapstad by die Springbokgroep aansluit in die plek van die beseerde François Louw
Boek: Saartjie Omnibus 3
In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë.
Boek: Trompie Omnibus 3
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit!
Boek: Oorsee – ‘n drama
In Tertius Kapp se nuwe komedie bevind herkenbare vreemdelinge hulself op ’n onwaarskynlike skuit. Die skeurbuik knaag, maar daar is darem nog af en toe iets om te braai, en algmampoer vir koerasie.
Boek: Krake
As hy die finansiële state het, kan hy begin. Daarvoor het hy kontakte by al die belangrikste banke, sorgvuldig oor jare bymekaargemaak. Op sommige van hulle het hy ’n houvas omdat hy inligting oor hulle uitgesnuffel het. ‘n Spanningsvolle spioenasieverhaal.
Taalsaak: Wetgewing hoef nie in 11 tale te wees nie
Die gelykheidshof in Kaapstad het Woensdag beslis wetgewing hoef nie in al 11 amptelike landstale gepubliseer te word nie.
Boek: Speurhond Willem en die diamantdiewe
‘n Nuwe avontuur vir Willem en Adriaan sal weer lewe blaas in die res van die reeks, wat baie gewild was sedert die eerste boek in 2010 verskyn het.
Boek: Sondebok
AJ Williams is op 30 kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok.
Boek: Die ding in die riete
In hierdie bloemlesing ontvou die wonderwêreld van mites oor verskeie kulture en grense heen.
Boek; Alie aarbeifee en ander feetjiestories uit die aarbeituin
Alie Aarbeifee swaai haar towerstaffie van een spannende avontuur na die ander: Klaks Kakkerlak gaps Alie se rooi aarbeirokkie, Piepsie Spitsmuis kry ’n ellendige verkoue, Meneer Pif-Paf en Bibo Skoenlapper help Alie om ’n dief uit die aarbeituin te verjaag, en vele meer…
Boek: Pensie spoeg vuur
Twaalf wonderbaarlike stories van drake en feë en kabouters in ‘n wêreld vol avonture, geïllustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle.