Die Nigeriese prediker TB Joshua het Donderdag sy stilswye verbreek ná 80 mense by sy reusekerk in Lagos in ʼn ineenstorting oorlede is.
Lees meerAlles vir Donderdag 18 September 2014
Wildbewaarder-kamp: ‘Marteldood’-saak uitgestel
Die saak teen Alex de Koker, eienaar van ʼn weermag-tipe kamp waar ʼn 15-jarige seun gesterf het, is in die streekshof in Vereeniging uitgestel.
Gill Marcus tree uit
Gill Marcus, die goewerneur van die Reserwebank, het Donderdag haar uittrede op 8 November aangekondig.
PTA-brandbestryder doen brandwonde op
ʼn Brandbestryder van Tshwane metro is Donderdag ernstig beseer toe hy ʼn veldbrand saam met sy kollegas in Centurion bestry het.
Skotte sal vroeg weet oor onafhanklikheid
Teen die tyd wat die Skotte môreoggend hul tradisionele ontbyt van ’n worsie, spek, boontjies en swart poeding aanmekaar slaan, behoort hulle reeds te weet of hulle onafhanklik word of nie.
Boer en werkers sterf in weghol-veldbrand
Drie mense is Donderdag dood in ʼn groot veldbrand wat steeds in Harrismith in die Vrystaat woed.
Nóg ʼn selfoonwinkel beroof
ʼn Selfoonwinkel by die Benmore-winkelsentrum in Sandton, noord van Johannesburg, is Donderdag beroof.
Vrou kom op oud-onderwyser se liggaam af
Toe Dorothy Wiggett van Groot Brakrivier in die Wes-Kaap se man nie Maandagoggend oudergewoonte haar tee gebring het nie, het sy gaan ondersoek instel en op sy bebloede liggaam afgekom.
Boer op plaas naby Dullstroom vermoor
Sarel Janse van Rensburg (76) is Donderdagoggend op ʼn plaas in die Tonteldoos-omgewing naby Dullstroom in Mpumalanga vermoor terwyl die Menseregtekommissie (MRK) besig is met sy openbare verhoor oor plaasmoorde.
Bhanas moontlik landuit; balju kom voor dooiemansdeur
Die vakbond Solidariteit sê hy het uit goeie bron verneem dat die Bhana-familie, wat midde die Aurora-debakel is en teen wie die hof ʼn eis van R15,5 miljoen ingestel het, moontlik landuit gevlug het.
Video: Floyd wil middelvinger vir Ramaphosa “terugtrek”
Floyd Shivambu, hoofsweep van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het onderneem om in die openbaar die middelvinger wat hy Woensdag in die Nasionale Vergadering aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa gewys het, “terug te trek”.
Swanger vrou val uit bewegende ambulans
ʼn Swanger vrou is beseer en haar baba is doodgebore nadat sy in die Oos-Kaap uit ʼn bewegende ambulans geval het.
Vrystaat-tiener by kêrel se huis verkrag, vermoor
ʼn 14-jarige meisie is Donderdag in Thabong naby Welkom in die Vrystaat verkrag en vermoor.
Verkeersreëlaar buite gevaar ná bysteke
Gert Venter, die 68-jarige OUTsurance-verkeersreëlaar van Centurion, wat Dinsdagmiddag nagenoeg 1 000 keer gesteek is nadat ʼn swerm bye op hom toegesak het, se lewe is buite gevaar.
Ek en jy- Dewald Wasserfall
Met sy eerste solo-album Vergeet wat jy weet van liefde, wat verlede jaar vrygestel is, het Dewald Wasserfall homself gevestig as een van ons land…
Hond steek Amerikaanse vasteland in vyf maande oor
Die eienaar van ’n sewejarige Jack Russell-terriër, Gidget, kon haar ore nie glo nie toe ’n diereskuiling aan die ander kant van die VSA laat weet het haar vermiste hond het na vyf maande haar opwagting daar gemaak.
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Noodwerkers van die humanitêre organisasie Gift of the Givers is glo weggejaag by die perseel van TB Joshua se Synagogue Church of All Nations wat Vrydag in Lagos, Nigerië ineengestort het.
Woord: dwepery
Taaltoffie ondersoek “dweperige bakvissies”
Polisienalatigheid by plaasmoorde dra by tot die probleem
20 Februarie 2012 het begin as ʼn gewone dag in die lewens van David en Bernadette Hall. Die Halls was besig om beeste op hul plaas, Buffelshoek naby Fochville te melk. Daar is hulle deur vyf aanvallers oorrompel.
Leerlinge met wapens betrap
Twee skoliere is Woensdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle ʼn vuurwapen met ammunisie en ʼn dolk in hul besit gehad het tydens ʼn klopjag by die skool.