Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat het aangekondig dat hulle ‘n primaathart suksesvol gedeselluleer het.
Alles vir Donderdag 18 September 2014
Die 1914 Rebellie en die Seisoene van Vrouwees konferensie
Jackie Grobler praat oor die 1914 Rebellie. Nadia Beukes en Valeska Muller is ook in die ateljee om jou meer te vertel van die Seisoene van Vrouwees konferensie.
Motorfietsryer sterf op DBN-snelweg
ʼn 34-jarige man is Donderdagoggend in ʼn motorfietsongeluk op die M7-snelweg naby die Northdene-afrit in Durban oorlede.
AfriForum gereed om appèlaansoek in taalsaak te steun
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek met die gelykheidshof se uitspraak waarin die taalaktivis Cerneels Lourens se aansoek dat die staat wetgewing in al elf amptelike tale beskikbaar moet stel, van die hand gewys is.
Nuuskommentaar: Word die “green, green hills o’ home” weer werklik?
Ongeag of die veral jonger Skotte se “ja” of die ouer Skotte se “nee” die doedelsak gaan blaas, niks sal weer dieselfde wees nie. Brittanje het reeds groter selfbestuur beloof sou die Skotte “nee” stem.
Kimberley-tiener word vermis
Chene van Niekerk (15) van Kimberley in die Noord-Kaap, word sedert 7 September vermis.
TUT-studenteraad se skorsing opgehef
Die bestuur van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Woensdag die skorsing van die universiteit se studenteraad opgehef.
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, het nog nooit met die Nigeriese prediker TB Joshua ontmoet nie, het ʼn verteenwoordiger van die familie Woensdag gesê.
Ramaphosa verklaar R76 m se belange
Die jaarlikse register van LP’s se belange is Woensdag in die parlement ter tafel gelê en onthul dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa ʼn baie ryk politikus is.
Gedagte vir die dag: Vrede in sy teenwoordigheid
Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil 4:7)