Verskeie buurte in Gauteng ervaar watertekorte weens die verhoogde temperature en ʼn toename in vraag, het Rand Water Saterdag gesê.
Lees meerAlles vir Saterdag 20 September 2014
Video’s en foto’s: Harrismith-veldbrand
Vyf mense, insluitend ʼn pa en seun, is dood in die verwoestende veldbrande wat die week in Harrismith in die Vrystaat gewoed het.
Vrou ondervra oor baba in veld
ʼn Vrou is deur die polisie vir ondervraging ingeneem nadat daar ʼn pasgebore baba in ʼn veld in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind is.
Gesoekte misdadiger vasgetrek
ʼn Gesoekte misdadiger is in Tokoza aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy vir maande soek was, het die Ekurhuleni-metropolisie Saterdag gesê.
TUT sluit kampusse weens betogings
Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Saterdag al sy kampusse met onmiddellike effek gesluit weens gewelddadige betogings deur studente.
Man sterf in Winklespruit-ongeluk
ʼn Man is dood nadat sy motor die pad verlaat het en deur ʼn heining gebars het in Winklespruit, KwaZulu-Natal.
Betogende TUT-studente brand motors
Betogende studente van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het minstens 18 van die universiteit se motors aan die brand gesteek, het die polisie Saterdag gesê.
Video: Sal jy jou baadjie vir ʼn behoeftige kind gee?
Die video wys ʼn jong seun wat in ysige weerstoestande by ʼn busstop sit en bibber van die koue aangesien hy nie ʼn baadjie aan het nie.
“Vandag maak ons jou dood,” sê boewe aan fietsryer
“Ons soek nie jou fiets nie. Ons gaan jou vandag doodmaak,” het twee mans aan Jaco Oosthuizen (47) gesê nadat hulle hom van sy fiets af gestamp het en begin aanrand het.
Oud-polisieman tronk toe oor veediefstal
‘n Voormalige polisiebeampte is tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan veediefstal.
Withuis ontruim ná man oor heining spring
Die Withuis is Vrydagaand ontruim nadat ʼn man oor ʼn heining geklim het en tot binne die gebou beweeg het voor hy aangekeer is.
EFF: ‘Ondersoek Lonmin, Ramaphosa vir belastingontduiking’
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gedoen om Lonmin vir belastingontduiking te ondersoek nadat dit by die Farlam-kommissie aan die lig gekom het dat die maatskappy glo reuse kommissies aan agente in Bermuda betaal het
Afrikaanse nuus skuif terug na SABC2
Die SAUK se Afrikaanse nuusbulletin skuif binnekort terug na SABC2.
Drie sterf in N2-ongeluk
Drie mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het Vrydagaand op die N2 naby Grahamstad in die Oos-Kaap omgeslaan het.
Ses vas oor onwettige aborsiekliniek
Ses mense is Vrydag in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ʼn onwettige aborsiekliniek bedryf het.
Gedagte vir die dag: Naasteliefde
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. (1 Joh 3:18)