Daar is nog een ronde wedstryde in die Eersteliga van die Curriebekerreeks oor, maar die Griffons en die Luiperds kan reeds hul tuisvelde vir die halfeindrondes in gereedheid kry.
Lees meerAlles vir Sondag 21 September 2014
TB Joshua wil Suid-Afrika besoek
TB Joshua het Sondag gesê hy wil Suid-Afrika toe kom om mense te kom besoek wat geraak is deur die ineenstorting van ʼn gebou by sy kerk waarin talle mense dood is.
Meer gereelde misdaadstatistiek vir die Wes-Kaap
Die Wes-Kaap gaan voortaan misdaadstatistiek op ʼn maandelikse basis bekendstel.
Foto’s: 8ste Africa Aerospace and Defence-lugskou groter as óóit
Die agtste African Aerospace and Defence-lugskou en ekspo (AAD-lugskou) is hierdie week by die Waterkloof Lugmagbasis gehou.
Steun vir groen-betoging in Johannesburg
Talle mense het Sondag by die Emmarentiadam in Johannesburg bymekaar gekom met wit T-hemde en groen harte op hul gesigte geverf om deel te neem aan ʼn wêreldwye betoging vir omgewingsvriendelike energie.
“OG moet gekanselleerde fees ondersoek” – DA
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag gesê die ouditeur-generaal moet ondersoek na die Tshwane-metropool instel oor die R65 miljoen wat bestee is op die gekanselleerde TribeOne-musiekfees.
Verkragters sterf ná gemeenskap reg in eie hande neem
Die polisie in Brits ondersoek tans twee sake van moord ná die dood van twee verdagtes wat na bewering ʼn 26-jarige vrou in Elandsrand verkrag het.
Onwettige immigrant wéér vas
ʼn onwettige Zimbabwiese immigrant en sy vrou is Vrydag by ʼn vulstasie in Kroondal in hegtenis geneem nadat die man uit polisie-aanhouding ontsnap het.
411 jaar tronkstraf vir seksuele misdadigers sedert Januarie
Die eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in Klerksdorp het gesorg daarvoor dat ʼn gesamentlike 411 jaar tronkstraf reeds aan seksuele misdadigers opgelê is sedert Januarie vanjaar.
Beserings tref Springbokke swaarder as AB’s, Wallabies
Die beseringspook het die Springbokke vanjaar al swaar getref, veral in sekere sleutelposisies.
Man doodgesteek in Jan Kempdorp
Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man in die vroeë oggendure in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap doodgesteek is.
Gekanselleerde fees kos Tshwane miljoene
Ongeveer R65 miljoen van die stad van Tshwane is verkwis nadat die TribeOne-musiekfees Donderdag gekanselleer is, berig City Press.
Man sterf toe trein hom tref
‘n Man is dood toe ‘n trein hom Sondagoggend tussen Park Rynie en Scottburgh in KwaZulu-Natal getref het.
Beskerm Zuma teen vernedering, vra ANC
Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het glo versoek dat President Jacob Zuma en adjunkpresident Cyril Ramaphosa deur die parlement moet beskerm moet word teen “vernedering en verleentheid” deur opposisiepartye, berig die Sunday Times.
Gedagte vir die dag: Kom rus
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (Matt 11:28)