Peter de Villiers, die Bokke se skrumafrigter, het `n pleidooi oor hierdie aspek van die spel tot al die blasers gerig. Intussen het François Louw `n operasie vir sy nekprobleem ondergaan.
Lees meerAlles vir Maandag 22 September 2014
Video: Tekort aan dokters in SA
Suid-Afrika het drie keer meer dokters nodig as wat tans praktiseer.
Video: Vinnigste karre jaag van JHB na Kaapstad
Altesaam 51 van die wêreld se vinnigste en duurste sportmotors spring in Johannesburg weg en sal uiteindelik in Kaapstad eindig.
Man pleeg selfmoord op Skype
Die polisie in Rusland stel ondersoek in nadat ʼn man glo regstreeks op sosiale media selfmoord gepleeg het.
28 in hof oor twee se moord
Altesaam 28 mans het Maandag in die Carletonville-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die moord op twee mans.
“Mangaung-verregse moet skuldig bevind word”
Die staat het die Bloemfonteinse hooggeregshof Maandag versoek om Johan Prinsloo skuldig te bevind aan hoogverraad of sameswering om ʼn terreurdaad te pleeg.
Nigerië-ineenstorting: Beseerde SA’ner keer terug na kerk
Een van die 26 mense wat beseer is toe ʼn kerkgebou in Nigerië ineengestort het, het besluit om in die land agter te bly.
Betogers versper Oos-Kaap-pad
Betogers het Maandag die R75 tussen Despatch en Port Elizabeth met brandende bande versper.
Kuruman-kinders keer terug skool toe
Leerlinge in Kuruman in die Noord-Kaap het Maandag teruggekeer skool toe ná maande lange betogings en ontwrigtings om ʼn nuwe pad in die gebied te bou.
Sanger se seun sterf in ongeluk
Medelye stroom steeds in vir die sanger Jacques de Coning en sy vrou Lynette, nadat hulle seun Basil (24), Vrydagaand in ʼn ongeluk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap oorlede is.
Na die ruimte – in ʼn hysbak
Die Japannese onderneming, Obayashi, wil teen 2050 mense en vrag die ruimte per hysbak inneem.
Katar dalk Fifa-toernooi kwyt weens hitte, menseregteskendings
Volgens Theo Zwanziger van Duitsland, ʼn senior bestuurslid van Fifa, sal die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2022 nié in Katar plaasvind nie.
Vyf sterf op Wes-Kaapse paaie
Vyf mense is die afgelope naweek in padongelukke in die Wes-Kaap dood.
Video: Soms moet jou beste vriend ʼn beter besluit maak
Budweiser, ʼn Amerikaanse bier, se nuwe advertensie is veral gewild onder diereliefhebbers wat verstaan dat ʼn hond die mens se beste vriend is.
Boek: Eendag op ‘n Maandag
Versamelstukke nou weer in druk! Snuffel gerus op die internet en kyk hoe gewild ouer werke in Chanette Paul se oeuvre op versamelwerwe is. ‘n Baie goeie tweedehandse kopie van haar werk kan deesdae dieselfde prys, of meer, haal as wat dit toentertyd gekos het.
Video: Unieke Nasa-tuig kom by Mars aan
Nasa se Maven-tuig (Mars Atmosphere and Volatile Evolution spacecraft) het Sondag in ’n wentelbaan om Mars gegaan om ontledings van Mars se atmosfeer te doen.
Tien in hof oor renosterstroperysindikaat
Tien lede van ʼn vermeende renosterstroperysindikaat het Maandag, op Wêreldrenosterdag, in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn.
Nigerië-ineenstorting: Oorlewendes land in SA
Weermagpersoneel het Maandagoggend spoedig omgesien na beseerde Suid-Afrikaners wat van Lagos, Nigerië met ʼn vliegtuig by die Swartkop-lugmagbasis aangekom het.
WAT Woord van die Week: semel
Jy kan iemand darem lekker slegsê in Afrikaans met die woord “semel”. Lees vandag se Taaltoffie om meer oor dié woord uit te vind.
100 mense, 48 uur om man van berg te red
Dit het meer as 100 mense van verskillende organisasies drie dae geneem om ʼn man te red nadat hy op ʼn berg in Rustenburg, Noordwes vasgeval het.