Die Wallabies se afrigter Ewen McKenzie het drie veranderinge aangebring aan die span wat Argentinië geklop het vir Saterdag se toets op Nuweland teen Suid-Afrika.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 September 2014
Reuse aartappelslaaipartytjie ná suksesvolle projek
ʼn Man wat grappenderwys ʼn projek begin het om geld in te samel om ʼn aartappelslaai te maak en toe meer as R600 000 ingesamel het, gaan sy woord gestand doen en ʼn groot aartappelslaaipartytjie hou.
Polisiebeampte geskiet en gewond
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn man wat glo ʼn polisiebeampte met sy eie dienspistool geskiet en ernstig gewond het nadat die beampte op ʼn klag van veediefstal gereageer het.
Wits-student vas vir verkragting
ʼn Student aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn medestudent, het die Johannesburgse polisie Donderdag gesê.
Helikopter-ongeluk: Slagoffers was ‘n man en vrou
ʼn Man en ʼn vrou is Donderdag dood nadat ʼn helikopter naby die Randse Lughawe in Germiston aan die Oos-Rand neergestort het.
Video: Miljoene agterstallige posstukke hoop op
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê miljoene agterstallige posstukke hoop op, met die staking in dié diens wat net nie wil end kry nie.
Hof sê oor Tshwane-fees
Die Tshwane-metroraad se aansoek om die organiseerders van die TribeOne-musiekfees te dwing om voort te gaan met die geleentheid, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria van die rol geskrap.
Oud-rugbyspeler skiet homself terwyl hy ry
Barend (Banie) Britz, ʼn voormalige rugbyspeler van Noord-Vrystaat, het homself Donderdag, twee dae ná sy 45ste verjaardag, geskiet terwyl hy in sy bakkie gery het.
Hond het twee snoete!
ʼn Rondloperhond wat na ʼn diereskuiling in Kalifornië in Amerika gebring is, het twee neuse.
Video: Speurhond dalk die antwoord op verlore goedere?
Die lugredery KLM se toegewyde span wat verlore items by die Schiphol-lughawe in Amsterdam moet opspoor, het glo ʼn buitengewone spanmaat gekry wat verseker dat passasiers selfs nóg breër glimlag.
Twee sterf in heli-ongeluk in JHB
Twee mans is Donderdag dood nadat ʼn helikopter naby die Randse Lughawe in Germiston aan die Oos-Rand neergestort het.
Dalk genoeg entstof vir ebola teen einde van die jaar
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê volgens projeksies kan daar moontlik teen die einde van die jaar voldoende entstof teen ebola wees om die siek pasiënte in Wes-Afrika te behandel.
Man erg gemartel tydens kleinhoewe-aanval
ʼn Man in sy 50’s word in die hospitaal behandel nadat hy Dinsdagaand erg aangerand en gemartel is tydens ʼn aanval by sy huis op ʼn kleinhoewe in Doornrandjies, wes van Pretoria.
Video: Afrikaanse kultuurfees by Voortrekkermonument
As deel van Erfenisdagvieringe is ‘n Afrikaanse kultuurfees ook by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou.
Al lê die berge nog so blou- Snotkop en Anders
Hier is ‘n pragtige nuwe weergawe van Al lê die berge nog so blou van Snotkop saam met die sangpaar Anders. Dit kom voor op…
US-studente sê oor ‘swart-gesig’-foto
Die studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat op ʼn foto verskyn met swart gesmeerde gesigte, het gesê dit was nie hul bedoeling om enigiemand aanstoot te gee of te beledig nie.
Gewilde klavierspeler van weleer oorlede
Die gewilde klavierspeler en akteur van die 1940’s en 1950’s, Taffie Kikilus, is Maandag in die ouderdom van 87 jaar oorlede weens komplikasies nadat hy…
Denel-werker vergruis
Die Gautengse departement van arbeid ondersoek die dood van ʼn werker by Rheinmetall Denel Munition in Boksburg aan die Oos-Rand.
Poskantoor-staking: Hierdie sentrums is nie in werking nie
Die Poskantoor het Donderdag gesê ʼn staking deur tydelike werkers het steeds ʼn nadelige effek op posaflewering.
Hof kap vrou oor Facebook-plasings
Die Pietermaritzburg-hooggeregshof het beveel dat ʼn vrou lasterlike kommentaar oor haar voormalige kêrel en pa van haar kind van haar Facebook-blad moet verwyder, het The Star Donderdag berig.