ʼn Remax-advertensie wat foto’s van die see wys vir ʼn eiendom wat nie ʼn see-uitsig het nie, is misleidend, het die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) Vrydag gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 26 September 2014
Lugaanvalle op IS uitgevoer
Die Amerikaanse departement van verdediging het Vrydag bevestig dat sy weermag 10 lugaanvalle in Irak en Sirië uitgevoer het.
Saak oor huishulp-rassisme uitgestel
Andre van Deventer van Kaapstad, sal binnekort weet of hy skadevergoeding van R100 000 aan sy huishulp moet betaal op aanklag dat hy haar mishandel en aangerand het.
Poskantoor-staking: Werkers nie betaal; Poskantoor dalk bankrot
Duisende Poskantoorwerkers, ook dié wat nié staak nie, is nie betaal nie, en baie glo die diens val nou hééltemal uitmekaar. Die possentrums wat tans funksioneer word ook in die berig genoem.
Brandstofpryse vir Oktober aangekondig
Die departement van energie het Vrydag die brandstofpryse vir Oktober aangekondig.
Video: Gauteng-waterkrisis sleep voort
Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, en ‘n senior afvaardiging van haar departement was in ‘n noodvergadering met die hele raad van Rand Water.
Opposisiepartye stap uit Nkandla-vergadering
Opposisiepartye het Vrydag uit ‘n vergadering van die parlementêre ad hoc-komitee oor Nkandla gestap.
Vermeende rower langs kar gesleep; nog nie in hof
“Ek is rustig oor die voorval. Ek is baie bly dat ek terugbaklei het, en dat die saak só uitgedraai het.”
Woord: bedsermoen
Ken jy die woord “bedsermoen” en het jy al ooit een gekry? Lees gerus vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
Rugby-verlamming nie departement se skuld nie
Charles Oppelt, ʼn jong man wat op 17-jarige ouderdom verlam gelaat is weens ʼn rugbybesering, kan nie die departement van gesondheid verantwoordelik hou nie, het die hoogste hof van appèl gelas.
Zuma neem glo beheer met kernkrag-ooreenkoms
Die departement van energie wou nie Vrydag kommentaar lewer op berigte dat president Jacob Zuma direk met Rusland se president Wladimir Poetin onderhandel het vir ʼn kernkrag-ooreenkoms tussen die twee lande nie.
Jong PTA-vrou help om aanvaller aan te keer
Tanya de Lange (24) se vinnige optrede het Donderdag daartoe gelei dat ʼn aanvaller in Silverton, Pretoria aangekeer is kort ná ʼn aanval op ʼn bejaarde man.
Redakteursbrief: TV-advertensies wat jou laat lag, huil en verlang
Susan Lombaard het vir jou ‘n paar lekker advertensies uitgesnuffel wat jou gaan laat lag, huil en verlang.
Nuwe vrystellings: 26 September 2014
Hier is ‘n aantal nuwe vrystellings wat die afgelope week by die speel- en trefferslyste van sommige radiostasies gevoeg is en in aanmerking kom vir…
Wessels-verslag het géén regstatus – Solidariteit
Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, begaan ’n ernstige fout deur die bevindinge van die sogenaamde Wessels-kommissie te aanvaar, en deur boonop politieke druk op die Noordwes-Universiteit (NWU) te plaas deur daarop aan te dring dat ingrypende en radikale transformasie geïmplementeer moet word.
Vyf stylvolle kroeë in Kaapstad
Dis nie vir ons almal beskore om die wêreld vol te reis nie. Dit hoef jou egter nie te keer nie, jy kan die wêreld sommer op jou voorstoep ontdek, as jy die regte plekke besoek, skryf Marianne Styan.
Rogue Rally: Lamborghini tref twee, amputeer bene
Die polisie ondersoek ʼn saak van nalatige en roekelose bestuur nadat ʼn Lamborghini Donderdag tydens die Knysna-fase van die week lange Rogue Rally twee toeskouers getref en albei bene van altwee persone geamputeer het.
‘Puk is steeds ʼn apartheidsinstelling’ sê minister
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is in wese steeds ʼn apartheidsinstelling, indien nie ʼn enklawe nie, wat ʼn dringende behoefte het aan transformasie, het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.
Nuuskommentaar: Wie het kat aan stert beet oor PUK en ander?
In ’n bisarre verloop is die Puk wel groter nuus as sekere ander universiteite wat weens studente-onluste gesluit word, onder administrasie verkeer en waar wanorde byna deurlopend heers, skryf Herman Toerien.
PTA-skoliere sterf ná pouse
Drie kinders van ʼn skool in die noorde van Pretoria is Donderdag dood nadat hulle dieselfde koek en vrugtesap tydens pouse by die skool geëet en gedrink het.