Een van die Springbokke se groot sterre Saterdag het net ‘n 50-50 kans om fiks te wees vir die naweek se toets teen die All Blacks op Ellispark.
Lees meerAlles vir Sondag 28 September 2014
Boland se wen nie genoeg vir uitspeelplek
Die Boland Kavaliers het weliswaar die naweek 27-6 teen die Border Bulldogs gewen, maar dit was nie genoeg om vir die uitspeelrondes in die Curriebeker se Eersteliga te kwalifiseer nie.
Zuma moet Phiyega afdank, sê DA
Die DA sê dit is nou die regte tyd vir pres. Jacob Zuma om ernstig oor Riah Phiyega se ontslag te besin.
De Deur-polisie ondersoek bestialiteit
ʼn 29-jarige man is Saterdag in De Deur in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van bestialiteit. WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Video: Minstens 31 dood ná Japan-vulkaan uitbars
Minstens 31 mense is Saterdag dood ná ʼn vulkaniese uitbarsting in Japan.
Projektiel tref Brakpan-huis
ʼn 20-jarige vrou is Saterdag beseer toe ʼn projektiel, wat deur ʼn mortier afgevuur is, ʼn huis in Brakpan, oos van Johannesburg getref het.
Nagenoeg 500 staatsamptenare geskors
Nagenoeg 500 sake van staatsdiensamptenare wat oor dissiplinêre redes geskors is, is op die regering se nuwe gesentraliseerde databasis aangeteken.
Vermeende bendelede in JHB aangekeer
Vier vermeende bendelede is in Doornfontein in Johannesburg aangekeer in verband met ʼn verskeidenheid van misdade.
Berig oor Thales-omkopery “slegs gerugte”
Die ANC het Sondag gesê ʼn berig in die Sunday Times oor bewerings van omkopery tussen pres. Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, is bloot gerugte.
Wêreldrekord verbreek: Vinnigste marathon ooit
Dennis Kimetto van Kenia het Sondag die marathon-wêreldrekord gebreek.
“Geen waterkrisis in Gauteng nie”
Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie het Saterdag gesê daar is geen waterkrisis in Gauteng nie.
Video: Só skil (en bedien) jy pynappel!
‘n Pynappel is ‘n eienaardige vrug en soms gaan ‘n groot deel van die vrug verlore as mens dit nie korrek skil nie.
Kampeerders ontruim tydens veldbrand
Talle kampeerders moes vir rookinaseming behandel word ná ʼn veldbrand naby ʼn kampeerterrein in Parys in die Vrystaat uitgebreek het.
13 mense sterf in Hartswater-ongeluk
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat 13 mense Saterdag in ʼn ongeluk op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap gesterf het.
KZN-ongeluk eis 6
Ses mense is Saterdag dood en nege beseer tydens ʼn ongeluk in Izingolweni aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Skerpioen-baas wou Zuma aankla
Die sogenaamde “spioenasiebande” het aan die lig gebring dat Leonard McCarthy, voormalige hoof van die Skerpioene, oorweeg het om een aand in 2007 self na die ANC se konferensie in Polokwane te ry om Jacob Zuma van korrupsie aan te kla, het die Sunday Times berig.
Overberg-brand geblus
ʼn Brand wat die grootste deel van die week in die berge tussen Swellendam en Barrydale in die Wes-Kaap gewoed het, is Saterdag geblus.
Gedagte vir die dag: Van voor jou geboorte af
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer 1:5)