ʼn Vlieënier, prokureur, ʼn polisiebeampte en ander lede van ʼn vermeende renosterstroperysindikaat wat daarvan beskuldig word dat hulle meer as 20 renosters gestroop het, het Maandag in die hof verskyn.
Lees meerAlles vir Maandag 29 September 2014
Zuma: ‘Phiyega nie ondersoek nie’
President Jacob Zuma het nog nie ʼn kommissie aangestel om bewerings teen Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, te ondersoek nie.
Marble Hall-ontsnapping: Só lyk verdagtes
Die polisie in Limpopo het die publiek gevra om hul by te staan in die soektog na twee gevaarlike misdadigers wat die naweek uit die Marble Hall-polisiekantoor ontsnap het.
Politiek rede vir waterkrisis – AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die waterkrisis in Suid-Afrika hoofsaaklik deur die politieke bewaarders van ons water veroorsaak word.
EFF hof toe voor tugverskyning
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof om ʼn dringende interdik aansoek gedoen om die parlement te verhoed om tugstappe teen 20 van die party se LP’s te doen.
Bokke se beseerdes nog onseker
Daar is nog geen uitsluitsel oor die twee SA spelers waaroor kommer bestaan vir Saterdag se toets teen die All Blacks nie.
Video: Dansie is ‘n groot deurmekaarspul!
‘n Video van ‘n groep vroue wat met swart en wit klere ‘n optiese illusie skep terwyl hulle dans, doen weer die ronde op sosiale media.
Sasol Solar Challenge: Só staan sake
Tien spanne van plaaslike en internasionale universiteite het mekaar in die Sasol Solar Challenge die stryd aangesê om met sonkragmotors die pad tussen Pretoria en Kaapstad af te lê.
Video: Sasol se sonkraguitdaging begin
Vergeet maar van ‘n bloedrooi sportmotor met ‘n brullende enjin. As ‘n groep jong ingenieurstudente hulle sin kry, gaan sonkrag die nuwe in-ding wees.
“Dit is nog nie die einde nie” – Renate Barnard
“Ons gaan die goeie stryd voortsit en die huidige toepassing van regstellende aksie onder die internasionale gemeenskap se aandag bring. Ons is dit verskuldig aan ons voorouers, onsself, ons nageslag en ons land,” skryf Renate Barnard.
‘Raaisel’ agter plaasmoorde bekyk
’n Omvattende studie gaan gedoen word in ʼn poging om antwoorde te vind op die raaisel agter plaasmoorde.
Aardklop 2014: Kom lag lekker saam!
Maroela Media is vanjaar die trotse mediavennoot van die produksies wat tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees by Girls High in Potchefstroom aangebied word.
Video: Grootste Lenin-beeld omgegooi
Een van die grootste standbeelde wat ooit van die kommunistiese leier, Wladimir Lenin gemaak is, is in die stad Kharkov in die noordooste van Oekraïne omgetrek.
Vier vas vir Rust de Winter-moord
Vier verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op Lynette Pamela Lavender (60) wie se liggaam Donderdag in haar huis op ʼn kleinhoewe naby Rust de Winter in Limpopo, gevind is.
“Tradisionele geneser” vas oor penis-medikasie
ʼn Man, wat homself as ʼn tradisionele geneser voorgedoen het, is in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogspul oor medikasie wat glo ʼn penis kan vergroot.
Kgwadi-uitlatings: Solidariteit wil veg vir Afrikaanssprekendes se regte
Die vakbond Solidariteit gaan ʼn veldtog begin om Afrikaanssprekendes se grondwetlike regte te beskerm ná uitlatings deur prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, oor transformasie en Afrikaans.
US gaan nie ‘swart gesig’-studente vervolg
Die Universiteit Stellenbosch (US) gaan nie dissiplinêr optree teen die studente wat op ʼn foto met swart gesmeerde gesigte verskyn het nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aanwend.
Jong dominee en verloofde by Klapperkop aangeval
Ds. Nikolaas Pienaar (29) van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Wes en sy verloofde, Hanlie Kruger (23), is by Fort Klapperkop in Pretoria aangeval.
Erge donderstorms verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê erge donderstorms word Maandag landswyd in verskeie provinsies verwag.
Man steek glo vrou en baba aan die brand
Die Mpumalanga-polisie is steeds op soek na ʼn man wat glo Vrydag sy vrou en hul eenjarige babadogtertjie aan die brand gesteek het.