ʼn Voorstel om die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche se huis in Ventersdorp as ʼn erfenisterrein te verklaar, is tydens ʼn vergadering van die Noordwes-erfenisraad verwerp.
Alles vir Maandag 29 September 2014
Video: Lande reik reiswaarskuwing na Hongkong uit
Minstens twee lande, Australië en Italië het hul burgers gewaarsku dat dit onveilig is om na Hongkong te reis.
Kommentaar: Is dit nodig dat legendariese kunstenaars “vervang” word?
Dit is vandag vyftien jaar sedert Gé Korsten sy eie lewe geneem het. Hy was een van ‘n handjievol Suid-Afrikaanse kunstenaars wat werklik as ‘n…
Minder ys oor Wes-Antarktika beïnvloed swaartekrag
‘n Satelliet van die Europese Ruimte-agenskap het met fyn metinge daarin geslaag om te bepaal dat daar ’n klein afname in die aarde se aantrekkingskrag oor Wes-Antarktika was, wat met die afname in ysbedekking verband hou.
Brakpan-mortier: Vrou stabiel; ondersoek duur voort
Felicia Klopper (20) van Brakpan aan die Oos-Rand wat Saterdag in haar huis deur ʼn mortier getref is, is steeds in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.
My nooi is in ‘n nartjie- Jan de Wet
Die Afrikaanse digter D. J. Opperman is op hierdie dag in 1914 gebore. Jan de Wet het sy gedig Sproeireën getoonset en dit My nooi…
Video: Beleef ons nou meer vulkaniese uitbarstings?
Volgens ‘n interaktiewe kaart van vulkane is daar egter nou sowat 21 vulkane wêreldwyd besig om uit te bars. Herman Toerien verduidelik verder.
Openbare werke verloor glo R35 miljard in vyf jaar
Die departement van openbare werke het die afgelope vyf jaar nagenoeg R35 miljard verloor weens onregmatige en verkwistende konstruksies en die verhuring van regeringsgeboue, het The Star Maandag berig.
Maroela Media Top 20 29 September 2014
Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Riana Nel en Kaleidoskoop behou onderskeidelik die eerste en tweede plekke, maar Steve Hofmeyr skuif in die…
WAT Woord van die Week: kafoefel
“Die nooi kafoefel lekker.” Maak maar seker jy’s oud genoeg voor jy begin kafoefel! Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar dié woord vandaan kom.
Man in hof vir Noordwes-moord
ʼn 24-jarige man verskyn Maandag in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes in verband met die moord op ʼn 40-jarige man.
Kommissie wil nie kommentaar lewer oor Zuma-gerugte
Die Seriti-kommissie wat die wapentransaksie ondersoek, het gesê hy gaan vir eers nie kommentaar lewer oor bewerings dat president Jacob Zuma omkoopgeld ontvang het uit dié omstrede transaksie nie.
Nuuskommentaar: Puk en transformasie; maar watter transformasie?
Herman Toerien sê dit is nie duidelik watter tipe transformasieproses by die Puk beplan word en watter invloed dit op Afrikaans op die kampus gaan hê nie.
Die pastoor mag nie laat wees nie! sê spoedvraat
ʼn 66-jarige man is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn spoedoortreding op die N12 in Alberton in Gauteng.
Hartswater-ongeluk: Dodetal styg
Die polisie het die dodetal aangepas ná ʼn noodlottige ongeluk Saterdag op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap.
DA sal “onnodige” opgraderings by parlement teenstaan
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy gaan die voorgestelde opgraderings ter waarde van R1.4 miljard van die parlementêre gebied teenstaan.
Baba sterf in KZN-ongeluk
‘n Ses maande oue baba is Sondag dood en drie mense beseer in ʼn ongeluk op die N2, ongeveer 30 km buite Kokstad in KwaZulu-Natal.
Nigerië-ineenstorting: Nog lank voor oorskot huis toe kom
Dit gaan glo ʼn geruime tyd duur voordat die liggame van Suid-Afrikaners, wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, teruggebring word.
Kaapstad-tiener doodgeskiet
ʼn 15-jarige seun is Sondagmiddag in Valhallapark in Kaapstad doodgeskiet.
Gedagte vir die dag: Gebruik God se krag
God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig. (2 Sam 22:33, 40)