Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê Baleka Mbete, speaker van die parlement, se besluit om nie onmiddellik die party se LP’s uit die parlement te skors nie, regverdig die party se optrede.
Alles vir die maand September 2014
Twee JHB-winkelsentrums beroof
Twee winkelsentrums in Johannesburg is Maandag beroof, het die polisie in Gauteng gesê.
Baba uit Mpuma-hospitaal ontvoer
‘n Pasgebore baba is die naweek uit die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit, Mpumalanga ontvoer.
Die Windpomp wen groot by Silwerskermfees
Die 2014 kykNET Silwerskermfees het Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Kampsbaai die beste rolprente en kortfilms met toekennings vereer.
SuperSport gaan Afrikaanse krieketkommentaar uitsaai
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê SuperSport het bevestig dat hy Afrikaanse krieketkommentaar beskikbaar sal maak vir die oorblywende drie wedstryde in die driehoekreeks wat tans in Zimbabwe gespeel word.
Uitenhage-polisieman skiet vrou, homself
ʼn Polisieman het Sondag sy vrou, ook ʼn polisiebeampte, by hul huis in Uitenhage in die Oos-Kaap doodgeskiet, waarna hy glo selfmoord gepleeg het.
Limpopo se vermeende “hamerman” vasgetrek
Die sogenaamde “hamerman” wat op nege aanklagte van huisbraak en verkragting tereg staan, is Sondag weer in hegtenis geneem nadat hy die polisie vir sowat ʼn jaar lank ontduik het.
Geen plek vir dooie hout in Bokspan nie
Soos baie afrigters voor hom, het Heyneke Meyer in die strik getrap met sy spankeuse teen die Poemas in Salta en daarom sal hy die snoeiskêer diep moet inlê vir Saterdag se toets teen die Wallabies.
Man deur hysbak vergruis
ʼn Man in sy 30’s is Maandag dood tydens ʼn hysbak-fratsongeluk in ʼn gebou in die Durbanse middestad.
Tuks-springdood: Man was ʼn student
Die man wat Maandagoggend by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus na sy dood gespring het, was ʼn student.
Dringende versoek aan SuperSport gerig vir Afrikaanse krieketkommentaar
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn dringende versoek aan SuperSport gerig om Afrikaanse kommentaar vir alle krieketwedstryde beskikbaar te stel.
Video: Metropolisie van aanranding, intimidasie aangekla
Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding en intimidasie nadat twee Ekurhuleni-metropolisiebeamptes Sondag glo ʼn motoris en sy vrou in Edenvale, Johannesburg voor hul twee kinders hardhandig behandel het.
Sewe busse brand uit tydens Nyanga-betoging
Sewe busse is Maandagoggend tydens ʼn gewelddadige betoging in Nyanga in Kaapstad aan die brand gesteek en vier ander busse is erg beskadig.
WAT Woord van die Week: skamper
Die WAT Woord van die Week is “skamper”
Nóg ʼn springdood by Tukkies
Nog ʼn persoon het glo Maandagoggend van die Geesteswetenskappe-gebou by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) se Hatfield-kampus in Pretoria na sy dood gespring.
Man sterf in Vrystaat-botsing
ʼn Man in sy 50’s is Sondag dood en ʼn egpaar het kritieke beserings opgedoen ná ʼn ongeluk tussen twee motors naby Vrede in die Vrystaat.
11 sterf in gru-botsing in Limpopo
Elf mense, waaronder drie kinders, is Sondagaand dood nadat twee motors in Limpopo gebots het.
Nuuskommentaar: Skotland se lesse vir Suid-Afrika
Wat duidelik is, is dat die verwikkelinge in Skotland talle mense weer kliphard laat besin oor hoe die wêreld staatkundig daaruit behoort te sien. Dit ontlok erge weerstand in sommige geledere omdat dit geykte konsepte aantas.
Warmer weer verwag
Temperature gaan na verwagting vandeesweek begin styg ná verlede week se erge kouefronte in die land.
Maroela Media Top 20 1 September 2014
Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Daar is ‘n nuwe nr. 1-treffer; Kaleidoskoop (op die foto) neem die eerste plek oor met Roadtrip,…