Die Suid-Afrikaanse man wat van Sierra Leone af teruggekeer het, het negatief getoets vir ebola, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) gesê.
Lees meerAlles vir die maand Oktober 2014
Vodacom blameer sagteware-fout
Vodacom het Vrydag gesê dat hy ʼn sagteware-fout reggestel het wat daartoe gelei het dat van sy intekenaars se persoonlike inligting aan derdepartye verskaf is.
Klank: Jak de Priester vereer in FAK se Liedjietuin
Jak de Priester se treffer Sally Williams Nougat is die nuutste toevoeging tot die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Afrikaanse Liedjietuin.
ANC ontken hy is bankrot
Die ANC het Vrydag berigte ontken dat die party ernstige finansiële probleme het.
Man in hof oor moord op Senzo Meyiwa
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat ʼn man Vrydag in die Boksburg-landdroshof verskyn het in die verband met die moord op Senzo Meyiwa.
Daling in petrolprys aangekondig
Die prys van petrol sal volgende week met 45c per liter daal, het die departement van energie Vrydag aangekondig.
Foto’s: Goud vir Steve
Steve Hofmeyr het vandag in samewerking met GROOTfm die derde en nuutste aflewering in die Toeka-reeks bekend gestel.
Goeie nuus: Projek vir behoeftige graadeens skop op hoë noot af
Solidariteit Helpende Hand het Vrydag hul jaarlikse Skooltassieprojek vir 2015 van stapel gestuur en met die hulp van GrootFM-luisteraars 530 skooltasse, ter waarde van R106 000, ingesamel.
Boek: Bennie Boekwurm vertel lekker stories
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke. Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep…
“Wapens maak nie mense dood nie, mense maak mense dood,” meen AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag gesê dat die regering se oorweging om weer die vuurwapenbeheerwet te wysig, die wetsgehoorsame landsburger net nog meer aan misdaad sal blootstel en dat dié besluit ʼn emosionele, onverantwoordelike reaksie is.
Video: Die maklikste manier om kersietamaties te sny!
Dis gewoonlik tydrowend om klomp klein kersietamaties individueel in die helfte te sny, maar Suzelle DIY het met ‘n blink plan vorendag gekom!
Resep: Skotse eiers
Dis nou ‘n heerlike en baie eenvoudige gereg vir ‘n Saterdagmiddag!
Drywer steeds in tronk na botsing wat pa, seun eis
ʼn Vragmotorbestuurder wat van strafbare manslag aangekla word na ʼn botsing in Potchefstroom waarin Hendrieko van Schalkwyk (30) en sy agtjarige seun dood is, is steeds agter tralies nadat hy nie borgtog kon betaal nie.
Foto’s: Gru-ongeluk bring N3 tot stilstand
Die N3-snelweg in albei rigtings tussen Montrose en die Tugela-tolhek is Vrydag vir verkeer gesluit ná ongelukke in die Van Reenenspas.
Woord: parfuum
Dié aangename vloeistof het in stinkende omstandighede sy begin gehad… Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor die woord “parfuum”.
Twee kry lewenslank na moord op boer
Twee mans is Vrydag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Peter Hackland, ʼn boer van Ixopo.
Tiener kap man met panga tydens huisbraak
ʼn 39-jarige man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy tydens ʼn huisbraak in Ramsgate, KwaZulu-Natal, met ʼn panga aangeval is.
Westbury-skietery: Verdagte vrygelaat
Die man wat aangekla is van die rig van ʼn vuurwapen wat tot die skietery gelei het waartydens Luke Tibbetts (3) doodgeskiet is, is vrygelaat.
Nene se “kunstige systappie”
Die markstrateë ETM Analytics beskryf Nhlanhla Nene, minister van finansies, se mediumtermyn-begrotingsraamwerk as ʼn “kunstige systappie”.
Nuuskommentaar: Die wiel van geregtigheid kort (soms) olie – vinger in Mugabe se oog
ʼn Bykomende probleem in Suid-Afrika is dat die publiek se vertroue in die howe self aan die effense kant is, skryf Herman Toerien.