ʼn Vrou van New York in Amerika wat vir haar pa se verjaarsdag in Boston was, het twee kinders van verdrinking gered toe ʼn stootwaentjie in ʼn opgaardam beland het.
Lees meerAlles vir Donderdag 2 Oktober 2014
Ondersoek ná visserman sterf
ʼn Visserman is Donderdag dood nadat hy ʼn toeval gekry en van ʼn boot naby St Francisbaai gered is, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Sasol Solar Challenge: Meer as 10 000 km op sonkrag afgelê
Die tien spanne wat aan die Sasol Solar Challenge deelneem, het reeds gesamentlik meer as 10 000 km afgelê deur slegs van sonkrag gebruik te maak.
Oos-Kaap-beamptes geskors oor tref-en-trap
Twee polisiekonstabels van die Oos-Kaap is Donderdag geskors ná ʼn noodlottige tref-en-trap-ongeluk.
Drie multi-miljoenêrs binne vier weke
Drie mense het die lotery die afgelope vier weke in Suid-Afrika gewen.
Ma los baba by hospitaal
Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na ʼn 22-jarige vrou wat glo sonder haar pasgebore baba die hospitaal verlaat het.
Video: “Gepiekel” op die planke by Aardklop
Met bekendes soos Henriëtta Gryffenberg en Marie Pentz kan jy tydens Aardklop met Gepiekel verseker wees van ʼn verhoogstuk van hoë gehalte.
Transnet-veiligheidbeampte skiet glo pendelaar dood
ʼn Transnet-veiligheidsbeampte is in hegtenis geneem nadat hy Donderdagoggend glo ʼn pendelaar by ʼn treinstasie in Germiston aan die Oos-Rand doodgeskiet het.
Uitdrukking: ‘n Hondelewe lei
Al ooit gewonder waar die uitdrukking “‘n hondelewe lei” vandaan kom? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind!
Polisieman skiet meisie, homself in besige winkelsentrum
ʼn Polisiebeampte het Donderdag sy meisie in die besige Pavillion-winkelsentrum in Durban doodgeskiet voordat hy sy eie lewe geneem het.
14-jarige meisie vas vir moord
ʼn 14-jarige meisie sal na verwagting Donderdag in die Warrenton-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklag van moord.
Yslike terugslag vir All Blacks
Al 62 000 kaartjies vir Saterdag se toets op Ellispark is uitverkoop, maar die toetsgangers sal nie die All Blacks se beste vaste voorspeler in aksie sien nie. Richie McCaw sal wel daar wees – in sy rekord-134ste toets.
Oudste PTA-kinderhuis word 75
Die President Kruger Kinderhuis, die oudste kinderhuis in Pretoria wat tydens die Tweede Wêreldoorlog sy deure oopgemaak het, vier Donderdag sy 75ste verjaardag.
Beale volg lang lys Aussie kwajongens
Die Ausies het nou maar eenmaal meer probleme met hulle spelers se gedrag van die veld af as die meeste ander sportlande. Hierdie keer is dit die begaafde Kurtley Beale wat, soos Quade Cooper, Kurtley Beale, James O’Connor en Digby Ioane, uit ‘n toetsgroep gesmyt is.
Video: Halfnaak man laat boewe spaander
ʼn Video van ʼn man wat in sy onderklere drie vermeende aanvallers by ʼn huis verjaag het, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Polisie lê beslag op R95 m. se kokaïne
Die polisie het op R95 miljoen se kokaïne beslag gelê wat in ʼn skeepsvraghouer in die Durbanse hawe gevind is.
4 sterf toe busbestuurder skrik vir slang
Vier vroue is Woensdag in Inanda in KwaZulu-Natal dood nadat ʼn busbestuurder glo vir ʼn slang geskrik en in ʼn minibustaxi vasgery het.
Nuuskommentaar: Hele land opgeoffer vir een man, Zuma
Hierdie nuuskommentaar is nie maar net nog ’n poging tot sogenaamde “Zuma bashing” nie, wat reeds só ’n groot omvang aangeneem het dat dit as nasionale tydverdryf beskryf kan word (in elk geval onder daardie Suid-Afrikaners wat die kort lootjie onder die Zuma-bewind trek).
Erg verminkte liggaam van tiener gevind
Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van moord nadat die naakte en erg verminkte liggaam van ʼn onbekende tienermeisie Sondagmiddag in ʼn rivier aangetref is.
Man hou meisies glo as seksslawe
ʼn 60-jarige man van Mpumalanga wat van mensehandel aangekla word, het in die hof ontken dat hy vyf meisies as seksslawe aangehou het, het Beeld Donderdag berig.