ʼn Skip wat diesel vervoer word by die hawe in Durban vlot gehou nadat dit glo Vrydag omstreeks 03:15 die bodem van die noordelike vasmeerplek getref het.
Alles vir Vrydag 3 Oktober 2014
Interessante feite oor ikoniese bakens
Marianne Styan deel ‘n paar interessanthede oor ikoniese standbeelde en besienswaardighede wat jy dalk nie geweet het nie! Lees gerus.
Toerbedrog-saak: Polisiemanskieter sterf in hospitaal
Hendrik Wright (65) van Zambesi Tours & Safaris wat vir bedrog ondersoek is weens ʼn vakansieslenter, is Woensdagaand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria dood, twee maande nadat hy ʼn polisiebeampte en homself geskiet het.
Nuuskommentaar: Dit het SA nou van dipaloekasie
Selfs die grootste politiek-korrekte en ooglap-waarnemers moet nou insien dat Suid-Afrika hard probeer om onnodig van die land ’n muishondland te maak, skryf Herman Toerien.
Nuwe vrystellings 3 Oktober 2014
Hier is ‘n aantal nuwe vrystellings wat by sommige radiostasies se speel- en trefferslyste gevoeg is, en wat in aanmerking kom vir Maroela Media se…
Ma wat glo kinders vermoor weer in hof
ʼn Suid-Afrikaaanse ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie jong gestremde kinders in Engeland vermoor het, sal Vrydag na verwagting weer in die Old Bailey verskyn vir ʼn voorverhoor.
Teologie-student van KZN vas oor vier moorde in Amerika
ʼn Suid-Afrikaanse man wat tereg staan op die moord van vier mense in Amerika, se verhoor sal moontlik in Maart 2015 begin.
Vrystaat-man vas oor moord
Johnny van Wyk (26) wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man met plastiek bedek voor hy hom aan die brand gesteek het, het Donderdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Geen elektrisiteit vir Vrystaat-munisipaliteite
Eskom beplan om Vrydag die kragtoevoer na drie munisipaliteite af te sny totdat hulle hul skuld van R736 miljoen terugbetaal het.
Gedagte vir die dag: Lewe die liefde
Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons. (1 Joh 4:12-13)