ʼn Man en vrou van Noorweë het Maandag saam die Nobelprys vir Geneeskunde ontvang.
Lees meerAlles vir Maandag 6 Oktober 2014
12 in hof oor Bothaville-brandstigting
Twaalf mense het Maandag in die landdroshof in Bothaville in die Vrystaat verskyn op aanklag dat hulle agt huise in die plaaslike Kgotsong informele nedersetting afgebrand het.
Dewani-moordverhoor: Patoloog is eerste getuie
Die staat het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die patoloog, wat die nadoodse ondersoek op Anni Dewani uitgevoer het, as sy eerste getuie geroep.
15-jarige se liggaam in tuin opgespoor
ʼn 15-jarige meisie se liggaam is in ʼn tuin in Ndwedwe in KwaZulu-Natal opgespoor.
Phiyega sê probleem met plaasmoorde is publiek se emosies
Genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Maandag aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gesê mense se persepsies oor plaasmoorde moet bestuur word.
Driejarige glo deur venster gesteel
Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat die driejarige Sikhona Portia Hlengwa uit haar ma se vriendin se huis verdwyn het.
Drie verdagtes ontsnap uit aanhouding
Die polisie in Mpumalanga is op soek na drie mans wat die naweek uit die Belfast-polisiestasie ontsnap het.
Video: Groot glips toe hy wou trou beloof
Dié bruidegom se grootste bekommernis dat hy dalk tydens sy huwelikseremonie oor sy woorde gaan struikel, is bewaarheid.
Geen borgtog vir Mpuma-taxibestuurder
Die bestuurder van ʼn minibustaxi wat betrokke was in ʼn ongeluk waartydens 11 persone in Mpumalanga gesterf het, se aansoek om borgtog is Maandag in die Standerton-landdroshof in Mpumalanga afgekeur.
Vermeende gewapende rower in Kaapstad doodgeskiet
Die polisie het Maandagoggend tydens ʼn hoëspoedjaagtog in Kraaifontein in Kaapstad ʼn vermeende gewapende rower doodgeskiet.
Woolworths besorg oor klante se veiligheid
Woolworths het Maandag sy kommer uitgespreek oor die veiligheid van sy klante en werknemers ná uitlatings deur aktiviste van Boycott, Divest and Sanctions in SA (BDS).
Dewani-moordverhoor: Shrien het ʼn helikopterrit vir Anni beplan
Die Britse sakeman Shrien Dewani het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê hy en sy vrou Anni het Suid-Afrika as hul wittebroodsbestemming gekies, omdat die land se afkorting soortgelyk is aan die letters wat vir hulle name gebruik word.
DA-navorser in Noordwes vermoor
Sherril Bester (50) is Saterdagaand in haar huis in Ottoshoop, Noordwes vermoor.
Texas knyp aborsieklinieke
Die Amerikaanse deelstaat Texas se nuwe wetgewing oor aborsieklinieke het daartoe gelei dat 13 sulke klinieke Vrydag moes sluit. Dit volg nadat die staat se federale appèlhof beslis het die wetgewing is grondwetlik.
Rosetta neem foto’s van gasuitbarstings op komeet
Terwyl die ruimtetuig van die Europese Ruimte-agentskap, Rosetta op ’n afstand van net 24 kilometer om die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko wentel, het dit foto’s geneem van waar gas uit die komeet se “nek” spuit.
Dewani-moordverhoor: Hof hoor Shrien is biseksueel
Die Britse sakeman Shrien Dewani het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof onskuldig gepleit op die moord van sy vrou Anni in Kaapstad in 2010 en ander verwante aanklagte.
Video: Sanger se nagmerrie-ervaring toe skote klap voor Kaapse nagklub
Die sanger Quentin Prinsloo het saam met twee medesangers by ʼn restaurant in Bellville, Kaapstad gesit en eet toe geweerskote skielik begin klap het.
Vanderbijlpark-seuntjie brand met kookwater
ʼn Tweejarige seuntjie van Vanderbijlpark in Gauteng is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend met kookwater gebrand het.
Beleef aarde ‘n stil aardbewingjaar?
Met minder as drie maande oor voor die einde van die jaar het die aarde vanjaar, wat werklike sterk aardbewings betref, heelwat minder aardskuddings beleef as die afgelope aantal jare.
WAT Woord van die Week: doedelsak
Nie al die betekenisse van “doedelsak” is noodwendig vir kinders se ore bedoel nie..! Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.