Twee verkeersbeamptes van Lydenburg wat motoriste se verkeersboetes verlaag het, is op bedrogaanklagte vrygespreek, het Beeld Maandag berig.
Alles vir Maandag 6 Oktober 2014
Nuwe president van Reserwebank aangekondig
President Jacob Zuma het Maandagoggend tydens ʼn mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria die nuwe president van die Reserwebank aangekondig.
Man doodgeskiet tydens JHB-betoging
Veiligheidswagte het Maandagoggend ʼn man doodgeskiet tydens ʼn betoging by die Newclare-treinstasie naby Westbury in Johannesburg.
Video: Hongkong begin weer werk, maar…
Slegs enkele honderde van die duisende betogers was Maandagoggend oor nadat die bestuurder van Hongkong, Leung Chun-ying, ’n ultimatum gerig het dat mense van vandag af ongehinderd by die werk moes kom.
Upington-ongeluk eis drie
Drie mans is dood en ses mense is beseer in ʼn ongeluk buite Upington in die Noord-Kaap.
Pistorius-familie se renosterhorings gesteel
Vyf renosterhorings wat aan Oscar Pistorius se oom, Arnold Pistorius behoort, is uit ʼn kluis gesteel, het Beeld Maandag berig.
Wêreld se beste het deur pyndrempel gespeel
Die wêreld se beste losvoorspeler het Saterdag deur die pyn gespeel in `n toets waarin ons ook die geboorte van twee nuwe Springboksterre gesien het.
Solidariteit Beweging kondig plan aan om Afrikaans as universiteitstaal te bevorder
Die Solidariteit Beweging het ’n twaalfpuntplan bekendgestel om Afrikaans as universiteitstaal te bevorder.
Nuuskommentaar: “Blackface” en rassisme
Talle mense begryp nie waaroor die bohaai gaan oor die sogenaamde “blackface” nie. Is die Stellenbosch-geval nie juis ’n aanduiding van die getransformeerde samelewing nie? Wat van die tradisionele gebruike waar baie swart mense hulle tydens seremonies met klei wit maak? Die een kan immers nie verkeerd, en die ander dan reg wees nie. Of hoe?
Paaie gesluit in Ennerdale weens betoging
Betogers het Maandagoggend motors met klippe bestook in Ennerdale, suid-wes van Johannesburg, het die metropolisie gesê.
Vyf sterf in Boksburg-ongeluk
Vyf mense is Sondagaand dood in ʼn ongeluk in Boksburg aan die Oos-Rand.
EFF-tugverhore begin Dinsdag
Die parlement se komitee oor regte en voorregte sal Dinsdag met tugverhore begin teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se 20 LP’s nadat hulle president Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering uitgejou het.
Baba veilig gevind ná kaping
ʼn Agt maande oue babaseuntjie is Sondagaand veilig gevind kort nadat sy ma se silwer Volkswagen Polo gekaap is terwyl hy steeds in die motor was.
Shrien Dewani-moordverhoor: “Ons soek die waarheid”
Anni Dewani se familie het op die vooraand van haar man Shrien se moordverhoor die hoop uitgespreek dat hulle uiteindelik die waarheid sal leer oor haar dood vier jaar gelede.
Gedagte vir die dag: Die krag van jou woorde
Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra. (Spr 18:21)