Bettie Smit, ʼn bejaarde vrou van Burgersfort in Limpopo, word sedert Dinsdag vermis nadat sy vir die laaste keer by haar kleindogter se huis in die noorde van Pretoria gesien is.
Alles vir Woensdag 8 Oktober 2014
Minstens 14 Koerde dood in Turkse betogings
Minstens 14 Koerdiese betogers is dood en talle beseer tydens betogings in Turkye teen Turkye se versuim om die Koerde in die Siriese stad Kobani te hulp te snel.
Jub Jub onskuldig ná appèlaansoek
Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, se skuldigbevindings aan moord is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg ter syde gestel.
Foto’s: Kinders op heterdaad betrap
Ouers weet sommer al: as dit so stil raak in die huis moet jy gaan ondersoek instel waarmee die kleinspan hulself besig hou. Hier is foto’s van ‘n paar kleuters wat só op heterdaad betrap is.
Boek: 150 stories deur Nataniël
Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale Kersgeskenk!
Drie ongelukke binne minute op N3
Een persoon is dood en vier mense is beseer tydens drie ongelukke wat minute ná mekaar op die N3 naby die Marianhill-tolplaza in KwaZulu-Natal plaasgevind het.
Brand by Sasol-aanleg
ʼn Brand het Dinsdagaand by ʼn Sasol-aanleg in Secunda, Mpumalanga, uitgebreek.
Ontvoerde Kaapstad-seuns gevind
Clinton Swart (10) en Samuel Muller (11) wat Dinsdag verdwyn het nadat twee onbekende mans hul in Lansdowne, Kaapstad, opgelaai en met hulle weggery het, is gevind.
Gedig: ʼn Brief van hulle vakansie
Een van Breyten Breytenbach se bekendste gedigte, “‘n brief van hulle vakansie”
Man sterf ná amputasie op berg
Die man van Noordwes wie se been geamputeer moes word nadat hy op ʼn berg in Rustenburg vasgeval het, is oorlede, het Beeld Woensdag berig.
Ses stropers in Krugerwildtuin vasgetrek
Ses vermeende renosterstropers is Dinsdag in twee afsonderlike voorvalle in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Aardklop 2014: “Gepiekel” werk mooi met omstrede kwessies
“Gepiekel” is ‘n besliste móét vir die feesganger wat goeie Afrikaanse teater op sy Aardklop-prioriteitslys het, skryf Susan Lombaard.
Nuuskommentaar: Die boere, die kitskonstabel en die rooi kneg
Herman Toerien bespreek die invloed van die “Rooi Kneg” in die Boland en Riah Phiyega se twyfelagtige getuienis voor die Menseregtekommissie.
Marokkaanse diplomaat in PTA vermoor
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn Marokkaanse diplomaat Dinsdag dood aangetref is in Pretoria.
Veiligheidswag in Kaapstad doodgeskiet
ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet en nog een beseer tydens ʼn rooftog in Nyanga in die Wes-Kaap.
Watertekort in Vredenburg en Paternoster
Die Saldanhabaai-munisipaliteit het Dinsdag bevestig daar is ʼn watertekort in dele van die Weskus.
Dewani-moordverhoor: Shrien terug in die hof
Die verhoor van Shrien Dewani, wat van sy vrou Anni se moord beskuldig word tydens hul wittebrood in Kaapstad in 2010, hervat Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Gedagte vir die dag: God ken jou
Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. (Ps 139:2)