‘n Groep voer aan Thuli Madonsela se verslag oor Nkandla is “propvol foute, onwaarhede, teenstrydighede en onverskoonbare flaters”.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Oktober 2014
Riool-probleme in Mpumalanga
ʼn Kwart van rioolaanlegte in Mpumalanga het twee jaar laas gewerk, en minder as ʼn derde van die aktiewe aanlegte het geldige waterlisensies, aldus die minister van water en sanitasie.
Dewani-moordverhoor uitgestel weens maagkrampe
Die Britse sakeman Shrien Dewani se verhoor op aanklag dat hy sy vrou Anni vermoor het, is Donderdag uitgestel nadat hy en sy vermeende medepligtige oor maagprobleme gekla het.
Ondersoek duur voort ná skoliere sterf
Die polisie het Donderdag gesê die ondersoek duur voort nadat drie leerlinge van Laerskool Emma in Winterveldt, noordwes van Pretoria, ná pouse gesterf het.
Veiligheidswag in Kaapstad-sentrum geskiet
ʼn Veiligheidswag is tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn winkelsentrum in Milnerton in Kaapstad geskiet.
Twee rowers tydens JHB-huisbraak doodgeskiet
ʼn Man van Bedfordview in Johannesburg het Dinsdagaand twee van vyf gewapende rowers tydens ʼn huisbraak in sy huis doodgeskiet. Waarskuwing: Die oorspronklike foto kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Groot brand in JHB
Brandbestryders en paramedici van verskeie nooddienste is op die toneel by die Kya Sands informele nedersetting in Johannesburg waar ʼn brand omstreeks 13:30 uitgebreek het.
Muldersdrift-seun verdrink in rivier
ʼn Sesjarige seun het Woensdag verdrink toe hy in ʼn rivier in Muldersdrift, Gauteng, geval het.
Toeris se liggaam op Tafelberg gevind
Die liggaam van ʼn Japannese toeris is Donderdagoggend op Tafelberg in Kaapstad opgespoor.
Nelspruit-munisipaliteit moet oop kaarte speel
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn hofsaak teen die Mbombela-munisipaliteit in Nelspruit gewen wat die munisipaliteit beveel om binne 15 dae inligting rakende die tenderkomitee se besluite om sekere tenders uit te gee aan AfriForum te oorhandig.
Aardklop 2014: Vir ewig en altyd – ʼn meesterstuk in Afrikaanse teater
Die kombinasie van Marius Weyers en Sandra Prinsloo se talent, met ʼn uitstekend vertaalde teks en redigering deur Hennie van Greunen, het ʼn produksie tot gevolg wat die gehoor gevange hou vandat die eerste woord gespreek word tot met die onverwagse einde.
Ebola-skrik by Potchefstroom-hospitaal
Personeel en die ongevalle-afdeling by die Potchefstroom-hospitaal in Noordwes is Woensdagaand oornag onder kwarantyn geplaas nadat ʼn 72-jarige man met hoë koors daar opgeneem en gevrees is dat hy met die ebola-virus besmet is.
Liefdesdriehoek: Vrou erken sy het kêrel help vermoor
ʼn Vrou van die Oos-Rand wat in ʼn liefdesdriehoek betrokke was, het glo erken dat sy, haar minnaar en dié se vriend die afgelope naweek haar kêrel vermoor het.
Resep: Biltongkonfyt
Josia het die eerste keer biltongkonfyt in ‘n deli op Stellenbosch raakgeloop en dit as inspirasie gebruik vir hierdie besonderse bolaag. Heerlik saam met tuisgebakte brood en braaivleis.
Uitdrukking: ‘n Paar kruisies agter die rug hê
“Daai persoon het al ‘n paar kruisies agter die rug.” Het jy geweet dit verwys na die persoon se ouderdom? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
Renosterstropery: Drie renosters in Limpopo geskiet
Drie renosters, waaronder ʼn klein kalfie, is Dinsdagaand by ʼn private wildsplaas naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo doodgemaak.
Aardklop 2014: Dié Poskantoor staak ook
“Poskantoor” word bemark as “die eerste Afrikaanse opera van die 21ste eeu”.
Nuuskommentaar: Is SAKP nou aan bewind?
Gerugte lei tot vermoedens, wat dan op ander maniere getoets moet word. Dit handel nie net oor wat werklik aangaan nie, maar beïnvloed die publiek se persepsie van die werklikheid, skryf Herman Toerien.
Vrou se eis teen gimnasium onsuksesvol
Suzette Deacon se skadevergoedingseis teen Planet Fitness Holdings is afgekeur nadat sy glo by ʼn gimnasium geval het, het Beeld Donderdag berig.
Aardklop 2014: Dowwe Dolla: vlymskerp humor wat jou laat nadink
In “ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting” kan jy vir ‘n oomblik lag oor die belasting wat jy moet betaal, korrupte politici en ook ʼn bietjie vir jouself, skryf Burger Meyer.