President Jacob Zuma het Vrydag aan Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, die groenlig gegee om ʼn kernkragooreenkoms met Frankryk te onderteken.
Lees meerAlles vir Vrydag 10 Oktober 2014
Tiener wen Nobelprys vir Vrede
Die kinderregte-aktiviste Malala Yousafzai (17) van Pakistan en Kailash Satyarthi (60) van Indië het Vrydag gesamentlik die Nobelprys vir Vrede ontvang.
Munisipaliteit se geld tydens transitorooftog gesteel
Kontant wat aan die Abaqulusi plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal behoort, is Vrydag tydens ʼn transitorooftog buite die munisipale kantoor gesteel.
ANC-vroueliga ontstoke oor opgeskorte vonnis ná verkragting
Die ANC-vroueliga het Vrydag die Nasionale Vervolgingsgesag versoek om appèl aan te teken teen die vonnis van ʼn beampte van die SAID wat skuldig bevind is aan verkragting.
Potch se “ebola”-man sterf
ʼn Man van Potchefstroom in Noordwes wat onder kwarantyn geplaas is nadat hy tekens van hemorragiese koors getoon het, is oorlede.
Wie is die vrou in jou arms vanaand?- Irene van Wyk
Eerskomende Sondag is dit vyf jaar sedert Irene van Wyk in ‘n motorongeluk dood is.
Video: “Lyk ek vir jou soos ‘n man?”
’n Transseksuele vrou is op ‘n eetstaking totdat die departement van binnelandse sake erken sy is ’n vrou en nié ’n man nie.
Aardklop 2014: “Dogma” ontstel, trap op tone en laat jou dink
Dit sal moeilik wees om na Dogma te kyk sonder om iewers deur die stuk te voel of dit jou tone is wat raakgetrap word, ongeag jou geloofsoortuigings en kerk-assosiasie (of gebrek daaraan). Maar tog is dit juis wat die stuk probeer regkry, skryf Susan Lombaard.
Jong man se liggaam in Pretoria gevind
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn jong man Donderdag agterop ʼn bakkie in ʼn veld in Erasmia, wes van Pretoria, opgespoor is.
EFF-splinterparty deel plan vir grondonteiening
Verskeie ontevrede lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die party verlaat en ʼn splinterparty, die New Economic Freedom Front, gestig.
Video: Sal jy dit waag?
Die Zumanjaro Drop of Doom-pretrit by die Six Flags Great Adventure-pretpark in New Jersey in die VSA is beslis nie vir sissies of diegene met hoogtevrees nie, aangesien dit ʼn vryval van 126 m het.
Woord: snoeshaan
Daar is altyd een persoon wat al ‘n groter vis gevang het, hoër gespring het, of vinniger gehardloop het. Leer meer oor hierdie “snoeshaan” in vandag se Taaltoffie.
Kaapstad-man beseer ná muur op hom val
ʼn Man is kritiek beseer nadat ʼn muur Donderdagmiddag by ʼn erf in Claremont, Kaapstad, op hom geval het.
Moontlike afleggings by Cell C
Cell C het begin om sommige van sy werknemers in te lig dat hulle moontlik afgelê gaan word as deel van ‘n herstruktureringsproses.
Vermeende iStore-rower vasgetrek
ʼn Man wat vermoedelik deel was van ʼn groep wat die iStore-winkel in die Canal Walk-winkelsentrum beroof het, is in hegtenis geneem.
Nuwe vrystellings 10 Oktober 2014
Hier is ‘n aantal nuwe vrystellings wat by sommige radiostasies se speel- en trefferslyste gevoeg is, en in aanmerking kom vir Maroela Media se Top…
Aardklop 2014: “Rondomskrik” konfronteer jou met rou emosie en harde werklikheid
“Rondomskrik” spreek ontstellende waarhede aan wat deel is van die realiteit van ʼn groot deel van ons land se inwoners.
Drie beseer in JHB-kettingbotsing
Drie mense is Vrydagoggend beseer nadat vier voertuie op die N1-snelweg in Johannesburg in ‘n kettingbotsing betrokke was.
Nuuskommentaar: Grootste volk sonder land en lesse vir SA
’n Groep Koerde is in ’n verbete stryd met die IS gewikkel om die Siriese stad Kobani aan die Turkse grens te verdedig. Herman Toerien neem die situasie onder die loep en bepaal of Suid-Afrika hieruit ‘n paar lesse kan leer.
Vrou eis miljoene oor Vavi
Die vrou wat beweer dat Zwelinzima Vavi haar verkrag het, eis skadevergoeding van R4.1 miljoen van drie partye, het die Mail & Guardian Vrydag berig.