Owerhede in Amerika het bevestig dat ʼn gesondheidswerker by ʼn hospitaal in Texas, wat ʼn ebola-pasiënt versorg het, positief getoets het vir die virus in ʼn voorlopige toets.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Oktober 2014
Kaapstad-rooftogte: Rowers doen hulself as klante voor
Die polisie in die Wes-Kaap en verskeie veiligheidsagentskappe in die provinsie stel ondersoek in ná ʼn vlaag rooftogte by winkelsentrums die afgelope paar maande.
Voormalige DA-hoofsweep Watty Watson oorlede
Armiston “Watty” Watson, voormalige hoofsweep van die Demokratiese Alliansie, is Sondagoggend oorlede.
KZN-tiener verdrink in plaasdam
ʼn 16-jarige tiener het Sondag in ʼn plaasdam naby Bazley in KwaZulu-Natal verdrink.
Akademia bied eerste Afrikaanse private BCom spesialiskwalifikasie
Akademia het vandag sy eerste ten volle Afrikaanse spesialisgraadkwalifikasie, ʼn BCom-graad in bestuursrekeningkunde, aangekondig.
Privaat skool moet sluit oor lyfstraf
ʼn Privaat skool in Mpumalanga is aangesê om sy deure te sluit, aangesien lyfstraf by dié skool toegepas word, het die City Press Sondag berig.
Video: Voorkom dat jou avo’s verbruin!
Avokado’s word baie vinnig bruin indien mens dit nie dadelik eet nie.
Verloofde tydens sakeroof doodgeskiet
Chantelle Jacobs is Saterdag doodgeskiet en haar verloofde gewond tydens ʼn sakeroof by Wentrans op ʼn kleinhoewe in Heidelberg, Gauteng.
Nigerië-ineenstorting: Liggame kom dalk einde Oktober huis toe
Die liggame van meer as 80 Suid-Afrikaners wat gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Nigerië ineengestort het, word moontlik teen die einde van Oktober teruggebring na Suid-Afrika, het City Press berig.
Blitsbokke wys hoe mens nie speel nie
Die Blitsbokke het die naweek en veral Sondag nie naastenby gespeel soos ‘n mens van hulle verwag nie en `n so-so vierde plek in die eerste toernooi van die IRR se 2014-’15 sewesreeks aan die Australiese Goudkus ingeneem.
Vyf by motorwassery in Ladysmith doodgeskiet
Vyf persone is Saterdagaand by ʼn motorwassery in Ladysmith doodgeskiet. Intussen is nog ‘n persoon in Ladysmith doodgeskiet en agt persone het in ‘n ongeluk weens die skietery omgekom.
Nóg ʼn gewapende rooftog by Canal Walk-winkelsentrum
Vier gewapende rowers het Saterdagaand op Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad toegeslaan, ʼn paar dae ná ʼn gewapende rooftog by die iStore in dieselfde sentrum.
Man met dwelms betrap in Boksburg
ʼn 43-jarige man is in Boksburg in hegtenis geneem nadat hy met dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R50 000 betrap is.
Video: Liedjie moedig mense aan om plase af te brand
Die musiekvideo van ʼn nuwe liedjie deur die kunstenaar, Dookoom word Sondag vrygestel waarin hy baie erge kru taal gebruik en sy luisteraars aanmoedig om plase af te brand. WAARSKUWING: Die p-woord staan geskryf op die video onderaan die berig.
KZN-ongeluk eis vier vroue, kleuter
Vyf mense is Saterdag dood en 11 beseer in ʼn ongeluk tussen ʼn minibus, ʼn motor en ʼn vragmotor in Ladysmith, KwaZulu-Natal.
Foto’s: 12 beseer in KZN-ongeluk
Twaalf mense is Saterdag beseer toe ʼn minibustaxi op die N2-suid tussen Ballito en Tongaat omgeslaan het.
Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (Matt 12:34)