Akademia het saam met eNuus as mediavennoot, in wat as nog ʼn eerste in die privaat hoëronderwysindustrie beskou kan word, vyf Elite-beurse ter waarde van meer as R1 miljoen bekend gestel.
Alles vir Woensdag 15 Oktober 2014
Tieners in Kaapstad geskiet
Twee tieners is Dinsdagaand in Kaapstad geskiet en gewond.
Een dood, 12 beseer ná bakkie in JHB rol
Een persoon is Woensdagoggend dood en twaalf beseer nadat ʼn bakkie op die N14-snelweg naby Diepsloot in Randburg, Johannesburg, gerol het.
Veiligheid opgeskerp by PTA-dieretuin
Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het sy waarskuwing aan landgenote om weg te bly van die Nasionale Dieretuin opgehef nadat veiligheid opgeskerp is.
‘Tronke maak voorsiening vir gestremdes’
Die departement van korrektiewe dienste het uitgevaar teen bewerings wat tydens Oscar Pistorius se vonnisoplegging-verrigtinge gemaak is dat gevangenisse nie voorsiening maak vir gestremde gevangenes nie.
Motoriste moet aanhou e-tol betaal, sê ANC
Motoriste moet voortgaan om hul e-tolrekeninge te betaal terwyl die stelsel hersien word, het die ANC in Gauteng gesê.
AfriForum dien klag van haatspraak teen Dookoom in
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ’n klag van haatspraak teen die Kaapse hip hop-groep Dookoom by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.
Gedagte vir die dag: Bid vir wysheid
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. (Jak 1:5)