Die emosie rondom grondbesit in Suid-Afrika is die laaste tyd besig om deur verskeie rolspelers nog hoër opgeblaas te word. Dit bring mens noodwendig by die punt om ontledend die hele aangeleentheid in oënskou te neem, skryf Bennie van Zyl van TLU SA.
Alles vir Donderdag 16 Oktober 2014
Video: Motoradvertensie maak van elke kameratruuk gebruik
Die motorvervaardiger Toyota se bemarkingspan het elke moontlike kameratruuk probeer inspan vir die advertensie van die nuwe Corolla.
Man by PTA-polisiestasie doodgeskiet
ʼn Man in sy 20’s is Donderdagoggend dood tydens ʼn skietgeveg met ʼn polisiebeampte by ʼn polisiestasie in Pretoria.
Rugbypa geskors na aanranding
Morné Oberholzer, ʼn pa van Roodepoort het ʼn duur prys betaal vir sy betrokkenheid by ʼn opstootjie tydens ʼn jeugrugbywedstryd in dié stad – en sy seun is ook gestraf.
Steenkamp-familie wil nie wraak neem teen Oscar Pistorius nie
Reeva Steenkamp se familie wil nie wraak neem teen Oscar Pistorius nie, maar verwag wel dat hy tronk toe moet gaan, het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag gehoor.
Nuuskommentaar: Liberalisme en die Suid-Afrikaanse werklikheid
Is dit “liberaal” om ʼn lied soos Dookoom se “Larney jou p***” in vrede te laat? Herman Toerien stel ondersoek in.
Vermeende seunsverkragter gesoek
Die polisie van Postmasburg in die Noord-Kaap is op soek na ʼn man wat glo vroeër vanjaar twee jong seuns verkrag het.
Paroolaansoek vir Waterkloof-4 se Christoff Becker verwerp
Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se jongste paroolaansoek is van die hand gewys, het Beeld Donderdag berig.
Internasionale Woordeboekdag: Borg ‘n woord!
“Bemagtig jouself, jou man, jou vrou, jou kinders of jou geliefde met ‘n nuwe woordeboek. Dit is een van die beste beleggings wat enigiemand kan maak”.
Brand by JHB-fabriek
ʼn Groot brand woed steeds by ʼn fabriek in die Denver-nywerheidsgebied in Johannesburg-sentraal.
Maak kinders lief vir woordeboeke, sê ATKV
Malala Yousafzai, Nobelpryswenner vir Vrede, het in haar toespraak aan die Verenigde Nasies gesê dat ons boeke en ons penne die kragtigste wapens is. Woordeboeke is deel van hierdie arsenaal.
Alberton-ongeluk: Trokbestuurder vandag in hof
Die vragmotorbestuurder wat glo Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, veroorsaak het, verskyn Donderdag in die Palmridge-landdroshof.
Voertuigverkope styg skerp
Goeie nuus vir die motorbedryf is dat voertuigverkope in September vanjaar met 11.5% gestyg het (gemeet teenoor September 2013).
Motornuus: Outomatiese ratkas vir ikoniese Suzuki Jimny
Suzuki Auto Suid-Afrika het die ikoniese Jimny-veldryvoertuig opgeknap. Die jongste weergawe bied ’n rits verbeteringe binne en buite, terwyl die toerustingvlak terselfdertyd opgegradeer is. Boonop is ’n outomatiese ratkas nou vir die eerste keer as alternatief vir die handratkas beskikbaar.
Ondersoek na NRP-hoofsweep se kwalifikasies is “rassisties”
Die hoofsweep van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het bewyse van haar akademiese kwalifikasies, het die ANC gesê.
Man in hof ná hy glo seun verkrag
ʼn Man van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 18-jarige seun verkrag het, het Woensdag in die Tonga-landdroshof verskyn.
Vangwa-sleep: Saak begin eers dan
Die nege polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op ʼn Daveyton-taxibestuurder, Mido Macia, sal eers volgende jaar verhoor word.
Gedagte vir die dag: Die Here is by jou
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos 1:9)