Anni Dewani wat in 2010 tydens haar wittebrood in Suid-Afrika vermoor is, wou glo vroeër van haar Briste sakeman-eggenoot, Shrien, skei.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Oktober 2014
Vavi kan dalk weer geskors word
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, gaan Dinsdag moontlik weer tydens ʼn spesiale vergadering van die uitvoerende komitee geskors word.
NUM staak by Mpuma-myn
Lede van die National Union of Mineworkers (NUM) by Glencore se Koornfontein-myn in Mpumalanga het begin staak.
Limpopo-leerlinge verhoed om skool te gaan
Talle skoliere, insluitend matrikulante, by verskeie skole in Limpopo is Maandag verhoed om klasse by te woon of eksamen te skryf weens ʼn diensleweringsbetoging.
PTA-ontploffing was WO II-bom
Die polisie se bomeenheid het Maandag 15 Tweede Wêreldoorlog-springstoftoestelle van ʼn skrootwerf in Pretoria-Wes verwyder nadat ʼn man die oggend tydens ʼn ontploffing gesterf het.
Mthembu ry self hospitaal toe ná skietery
ANC-LP Jackson Mthembu is Sondagaand in die gesig geskiet toe hy geld by ʼn kitsbank in Witbank, Mpumalanga wou trek.
Goeie nuus: Jordan is in remissie!
Presies 213 dae nadat Jordan Pelser (4) met Burkitt-leukemie gediagnoseer is, het hy die goeie tyding ontvang dat hy in remissie is. Kyk gerus na die twee video’s onderaan die berig.
Boek: Veels geluk liewe maatjie 2
Veel geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjiekoeke in wat maklik met botterversiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer ‘n verjaarsdagkoek self wil bak.
Selfaangedrewe motors in 2015 op paaie getoets
Nederland gaan volgende jaar op baie klein skaal voertuie op ’n proefgrondslag op die paaie toelaat wat hulself bestuur, berig ANP.
Marstuie oorleef komeet ongeskonde
Nasa berig dat al drie sy tuie wat om Mars wentel, die nabye verbyvlug van komeet Siding Spring sonder enige skade oorleef het.
Video: Vyf handige kombuiswenke
Hierdie video bied vyf baie handige wenke wat jy in jou kombuis kan gebruik: maak jou eie pastahouer of keer dat die pot oorkook! Kyk ook hoe jy jou resepteboek maklik kan oophou.
Swanger vrou ses keer geskiet
Die Kaapstadse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn swanger vrou Sondagmiddag doodgeskiet is.
“Vrou” skiet veiligheidswag dood
ʼn Veiligheidsbeampte is Sondag by ʼn winkelsentrum in Kaapstad deur twee mans, waarvan een vroueklere aangehad het, tydens ʼn gewapende roof doodgeskiet.
Drie bejaarde vroue doodgeslaan
Drie bejaarde vroue van Lady Frere in die Oos-Kaap is Saterdagaand dood nadat hulle op pad huis toe aangerand is.
Derby-Lewis weer hof toe oor parool
Clive Derby-Lewis se prokureurs gaan vandeesweek hofdokumente by die hooggeregshof in Pretoria indien in ʼn poging om druk op adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, te plaas om ʼn besluit te neem oor sy aansoek om mediese parool.
Man sterf in PTA-ontploffing
ʼn Man is Maandag dood en een ernstig beseer tydens ʼn ontploffing by ʼn skrootwerf in die weste van Pretoria.
WAT Woord van die Week: Oktober
Taaltoffie ondersoek waarom “Oktober” die tiende maand van die jaar is, as “octo” na “agt” verwys. Lees gerus dié interessante brokkie!
Zuma vergelyk Nkandla met George-lughawe
President Jacob Zuma het die bou van die George-lughawe vir oudpres. PW Botha met sy eie Nkandla-woning vergelyk, het Beeld Maandag berig.
Noordwes-tiener verkrag
ʼn 24-jarige man verskyn Maandag in die Mahikeng-landdroshof nadat hy glo oor die naweek ʼn 16-jarige meisie met ʼn mes aangehou en verkrag het.
Nuuskommentaar: Solidariteit en AfriForum in die visier van “contraband” liberalisme
Solidariteit en AfriForum is gewoond daaraan om kritiek te kry. Dié kritiek kom vanuit die ganse spektrum van die politiek, maar veral van die twee uiterste pole – links en regs, skryf Herman Toerien.