Volgens Discovery se Vitality ObeCity-indeks bly sy ongesondste lede in Bloemfontein, wanneer gewig en ander faktore in ag geneem word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Oktober 2014
“Gee grond vir bekwame persone,” sê boere
Die regering moet seker maak dat grond aan individue gegee word wat die vermoë het om dit te gebruik, het die African Farmers’ Association of SA (Afasa) Dinsdag gesê.
Jeugdige in hof oor Kovsie-dosent se moord
ʼn 18-jarige wat glo ʼn dosent aan die Universiteit van die Vrystaat vermoor het, het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Oscar Pistorius in sy tronksel geplaas
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Dinsdag in sy sel in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria geplaas.
Pa in hof oor baba se moord
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eenjarige kind vermoor het deur haar aan die brand te steek, het Dinsdag in die Mhala-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
US bestee miljoene aan nog veiligheidsaksies
ʼn Bykomende R2,2 miljoen per jaar vir veiligheidsinisiatiewe en ʼn eenmalige R4 miljoen vir die opgradering van voetgangerroetes is deur die Bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) bewillig om nog meer veiligheidsmaatreëls op veral die Stellenbosch-kampus in werking te stel.
Video: “Stryd teen seerowery is belangrik”
Die Suid-Afrikaanse vloot is oor die volgende twee weke wéér gasheer vir hulle Indiese en Brasiliaanse eweknieë. Tydens die oefensessies gaan die drie lande onder meer kennis uitruil oor hoe om internasionale humanitêre kwessies en seerowery te hanteer.
Ruimte vir meer demokrasie in Hongkong
In ’n eerste klaarblyklike toegewing aan die pro-demokrasiebetogers in Hongkong het die bestuurder van die gebied, Leung Chun-ying, te kenne gegee dat daar meer ruimte vir demokrasie is.
PTA-vrou en baba word vermis
Hes-Mari Williams, ʼn 28-jarige vrou van Pretoria, en haar babaseuntjie Sebastian word al bykans ʼn maand lank vermis.
Oscar “aanvaar” vonnis; NVG het “aptyt” om te appelleer
Oscar Pistorius aanvaar die vonnis van vyf jaar tronkstraf wat regter Thokozile Masipa hom Dinsdag opgelê het, het sy oom Arnold gesê.
Man met onverwerkte platinum betrap
ʼn 30-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy met onverwerkte platinum met ʼn geskatte waarde van R214 000 in die Noord-Kaap betrap is.
Video: Talentvolle pa maak die oulikste pannekoeke
ʼn Man wat homself as ʼn “illustreerder, wiskundeonderwyser en professionele pa” beskryf, maak die oulikste tekenprentpannekoeke vir sy kinders.
Resep: Piesangbrood
Voeg gerus bietjie neute by hierdie heerlike piesangbroodjie!
Uitdrukking: Met die sak patats vorendag kom
Waarom sê ons iemand “kom met die sak patats vorendag” as hulle inligting bekend maak? Lees vandag se Taaltofifie om meer uit te vind!
Ontsnapte gevangenes steeds op vrye voet
Die polisie is Dinsdag steeds op soek na 12 van die 28 gevangenes wat Vrydag ontsnap het toe hulle van die Ga-Rankuwa-landdroshof, noord van Pretoria, vervoer is.
“Saam in Christus is ons sterk,” sê Carl Pistorius ná vonnisoplegging
Oscar Pistorius se broer, Carl, het Dinsdag van Twitter gebruik gemaak om te reageer nadat sy broer tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is in verband met die skietdood van Reeva Steenkamp.
Oscar Pistorius moet minstens só lank sit
Regter Thokozile Masipa het Oscar Pistorius Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van strafbare manslag.
Drie ondervra oor Mthembu-skietery
Drie verdagtes is in Limpopo in aanhouding nadat ANC-LP Jackson Mthembu Sondagaand geskiet en beroof is toe hy geld by ʼn kitsbank in Witbank, Mpumalanga wou trek.
Vonnisuitspraak gelewer in Oscar Pistorius-moordverhoor
Regter Thokozile Masipa het Dinsdag die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis nadat hy vroeër skuldig bevind is aan strafbare manslag vir die dood van sy vriendin Reeva Steenkamp verlede jaar op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria.
Groot daling in brandstofpryse verwag
Goeie nuus wag dalk volgende Vrydag op vuisvoos motoriste wanneer ʼn daling in die brandstofprys na verwagting aangekondig gaan word.