Die voormalige Formule 1-renjaer Michael Schumacher maak vordering nadat hy ʼn ernstige kopbesering opgedoen het, het ʼn dokter wat hom behandel, Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 23 Oktober 2014
SAUK-voorsitter kry hofinterdik teen ondersoek
Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, het Donderdag ʼn interim interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof bekom om enige ondersoek te stuit wat probeer bepaal of sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het.
Wedvlugsport nie verbied nie
Die departement van omgewingsake het dit Donderdag duidelik gestel dat wedvlugsport nie verbied is nie.
Mugabe se vrou wil president word
Zimbabwe se eerste vrou Grace Mugabe het Donderdag haar kandidaatskap aangekondig om haar man, die 90-jarige Robert Mugabe, op te volg.
Gautengse reeksverkragter gevonnis
ʼn Reeksverkragter is Donderdag in die streekshof in Vereeniging gevonnis op aanklag van agt verkragtings en ses rooftogte.
SA verskerp ebola-skandering
Suid-Afrika het sy pogings verskerp om te verseker dat toeriste wat moontlik met die ebolavirus besmet is, verhoed sal word om die land binne te kom.
Wen! Vier saam met Steve Hofmeyr sy jongste album
Hierdie kompetisie is gesluit: Steve Hofmeyr gaan sy nuwe album, Toeka 3, regstreeks op Groot FM bekendstel en jy staan ʼn kans om ook die geleentheid by te woon!
Malema het werkers “verdedig teen rassis” sê EFF
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal nie om verskoning vra vir die voorval waar hy glo ʼn man in ʼn kitskosrestaurant rondgestamp en gevloek het nie, het die party Donderdag gesê.
Interessante Suid-Afrikaanse monumente
Marianne Styan besoek hierdie week die “stiefkinders” van Suid-Afrikaanse monumente. Laat weet ons watter monumente al jou aandag getrek het!
Video: Bakkie trek petrolpomp om; brand ontstaan
ʼn Video wat wys hoe ʼn petrolpomp by ʼn vulstasie in Springs deur ʼn bakkie omgetrek word en gevolglik ʼn brand veroorsaak, word wyd op sosiale media versprei.
Transitorooftog by OR Tambo-lughawe
ʼn Groep gewapende mans het Donderdag ʼn bakkie wat geld vervoer het, beroof toe dit die OR Tambo-lughawe in Johannesburg verlaat het.
Foto’s: Motor van die Jaar-finaliste
Hier is die finaliste vir die 2015-WesBank/SAGMJ-Motor van die Jaar (MVDJ) kompetisie.
Video: Trek ‘n perfekte sirkel met jou vryhand!
Dié video wys jou ‘n eenvoudige tegniek hoe om telkens ‘n perfekte sirkel met jou vryhand te trek. Die video is die afgelope vyf dae reeds meer as 2.7 miljoen keer gekyk.
Video: Franschhoek-juwelierswinkel loop onder gewapende rowers deur
WAARSKUWING: Die video bevat gewelddadige tonele wat moontlik kinders of sensitiewe kykers kan ontstel.
Woord: kok
Ken jy al die uitdrukkings in Afrikaans waarin die woord “kok” gebruik word? Lees vandag se Taaltoffie om meer hieroor uit te vind!
PTA-ma en baba veilig opgespoor
Hes-Mari Williams (28) en haar babaseuntjie Sebastian is veilig en ongedeerd gevind nadat hulle vir byna ʼn maand lank vermis was.
Man op Randfontein-kleinhoewe doodgeskiet
ʼn 63-jarige man is Woensdagaand tydens ʼn huisbraak op sy kleinhoewe in Randfontein, Gauteng doodgeskiet.
KZN-regterpresident aangekla
Chiman Patel, regterpresident van KwaZulu-Natal, gaan van crimen injuria aangekla word en moet na verwagting reeds volgende maand in die hof verskyn, het The Mercury Donderdag berig.
Gesin dagvaar polisie vir duisende
ʼn Johannesburgse gesin dagvaar die polisie vir meer as R770 000 omdat die polisie glo nie ag geslaan het op verskeie oproepe om hulp tydens gewelddadige dreigemente deur ʼn vervreemde eggenoot nie, het The Star Donderdag berig.
Oscar huil homself glo aan die slaap in tronk
The Times koerant het Donderdag berig dat Oscar Pistorius homself glo aan die slaap gehuil het toe hy die eerste aand in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria moes deurbring.