Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die ontbinde liggaam van ʼn vermiste driejarige dogtertjie Saterdagoggend in die Wes-Rand gevind is.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Oktober 2014
Foto’s: Vier sterf in Meyerton-botsing
Vier mense is Saterdagmiddag dood nadat ʼn BMW en ʼn minibus op die R59-snelweg naby Meyerton, Gauteng gebots het. Die man wat die BMW bestuur het, is deur omstanders uit die voertuig gered net voordat dit aan die brand geslaan het.
Vlieënier ongedeerd ná noodlanding
ʼn Vlieënier het Saterdagmiddag ʼn noue ontkoming gehad nadat hy skynbaar ʼn noodlanding by ʼn vliegveld in Kromdraai, noord van Pretoria, gemaak het, en die vliegtuig etlike oomblikke daarna aan die brand geslaan het.
Groot groep wat Woolworths boikot in hegtenis geneem
57 mense is Saterdag by die Woolworths-winkel in Killarney Mall, Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle daar betoog het as deel van ʼn veldtog om Woolworths te boikot.
“Polisiemanne” beroof Houtbaai-juwelierswinkel
Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn groep gewapende rowers, waarvan sommige in polisieuniforms geklee was, wat ʼn juwelierswinkel in Houtbaai beroof het.
Swaar vonnis vir twee wat bejaarde egpaar vermoor
Twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn bejaarde egpaar is Vrydag in die Vryheid-hooggeregshof tot twee lewenslange tronkstraf elk gevonnis.
Video: Renosterkalf-wesie baljaar saam met lammertjie
Gertjie, ʼn wees renosterbulletjie wie se ma in Mei vanjaar vir haar horing gestroop is, en sy beste makker, Lammie, raak soveel harte wêreldwyd dat ʼn video van hoe die twee baljaar, reeds meer as ʼn miljoen keer gekyk is sedert dit op 12 Oktober op YouTube gelaai is.
Boer kruip na buurman ná plaasaanval
Ockert Lombaard, ʼn boer van Lydenburg in Mpumalanga, moes Vrydag in die vroeë oggendure gewond na sy buurman toe kruip om hulp te soek nadat hy tydens ʼn plaasaanval geskiet is.
Video: Nóg tol vir seepad in KZN vir eers laat vaar
Die nasionale padagentskap Sanral het sy planne laat vaar om nóg tol te hef op paaie in KwaZulu-Natal.
Tiener skuldig aan Limpopo-plaasmoord
ʼn 16-jarige seun is Vrydag in die hof skuldig bevind aan die moord op Will en Anje Kiesling tydens ʼn plaasaanval in Limpopo in Maart vanjaar, het Beeld Saterdag berig.
Gee daai man ʼn Bell’s, en ʼn Pendoring!
Die advertensie “The Reader” vir Bell’s Whisky het gisteraand by die jaarlikse Pendoring-toekenningsgeleentheid vir uitmuntende reklame met die grootste prys wat by die geleentheid toegeken is, weggestap.
Skok en hartseer ná dood van Olimpiese atleet
President Jacob Zuma is een van talle wat hul medelye betoon het met die Olimpiese silwermedalje-middelafstandatleet Mbulaeni Mulaudzi (34) wat Vrydag in ʼn motorongeluk oorlede is.
Video: “Malema het aggressieprobleme”
ʼn Video wat wys hoe Julius Malema ʼn man in ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo rondstamp, het die publiek aan die gons.
Voetgangers in KZN doodgery
Twee voetgangers is Vrydagaand en Saterdagoggend in twee afsonderlike voorvalle in KwaZulu-Natal doodgery.
Waaghals kritiek ná ongeluk
ʼn 24-jarige man van Gauteng is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hy Vrydag van ʼn bewegende vragmotor afgespring en geval het.
Gedagte vir die dag: Genade, krag en swakheid
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor 12:8-9)