Die Tshwane-metroraad het Front Nasionaal se versoek om die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria van 1 tot 16 Desember in ʼn Voortrekkerrok en -kappie aan te trek, as “blatante uitlokking” beskryf.
Alles vir Dinsdag 28 Oktober 2014
Bokser sterf ná uitklophou
ʼn Vroue bokser is oor die naweek in die Steve Biko-hospitaal dood nadat sy twee weke gelede tydens ʼn geveg uitgeklop en in ʼn koma was.
14-jarige vas na hy glo leerling met mes steek
ʼn 14-jarige skoolseun is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn medeleerling met ʼn mes gesteek en gewond het by ʼn skool in Nancefield naby Lenasia, het die polisie in Gauteng gesê.
Twee vas na hulle glo vrou ontvoer, verkrag
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou buite ʼn nagklub in Claremont in Kaapstad ontvoer en verkrag het.
Tweede gevangene sterf ná brand in Barberton-tronk
ʼn Tweede gevangene is dood ná ʼn brand by ʼn jeuggevangenis in Barberton in Mpumalanga, het die departement van korrektiewe dienste gesê.
Gedagte vir die dag: Om Christus se liefde te ken
Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Ef 3:18-19)