Twintig jaar na die ANC volgens homself, apartheid vernietig het, gebeur ’n vreemde ding: die Suid-Afrikaanse regering word deur Solidariteit by die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) verkla. Oor rassisme.
Alles vir Woensdag 29 Oktober 2014
Resep: Soentjies
Bak hierdie lekker soentjies om te bêre vir onverwagse kuiergaste!
Man vas vir Taegrin Morris se sleepdood
ʼn 32-jarige man verskyn Woensdag in die Boksburg-landdroshof nadat hy in hegtenis geneem is in verband met die kaping en sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris.
Gedig: Oud word
Elisabeth Eybers se gedig, “Oud word”
Uitdrukking: ‘n Bobbejaan het daar ‘n kierie nodig
Ken jy dié oulike uitdrukking as ‘n omgewing ongebaanbaar is? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting.
POF betaal R22 miljard ná ongelukke
Die Padongelukkefonds het in die 2013/14 finansiële jaar meer as R22 miljard aan persone uitbetaal wat ongelukke oorleef het.
KZN-ongeluk eis 1
ʼn Man is dood en nog ʼn persoon beseer ná ʼn ongeluk op die R102 in Verulam in KwaZulu-Natal.
Gewapende rowers gefnuik
ʼn Groep mans wat glo beplan het om ʼn gewapende roof uit te voer, is Dinsdag by ʼn vulstasie in KwaMashu in KwaZulu-Natal voorgekeer en in hegtenis geneem.
Gedagte vir die dag: Saggeus, ’n onwaarskynlike gasheer
Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” Hy het toe gou af geklim en Jesus met blydskap ontvang. (Luk 19:5-6)