ʼn Taakspan het begin om ondersoek in te stel na bewerings dat onderwysposte verkoop is, het die departement van basiese onderwys gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 2 November 2014
Silo-krisis: Solidariteit vermaan Eskom oor vaardigheidstekort
Die vakbond Solidariteit het die kragreus Eskom vandag vir die soveelste keer gewaarsku oor sy ernstige vaardigheidstekort en die onvoldoende instandhouding van sy kragstasies.
Rower doodgeskiet, drie gewond
ʼn Rower is doodgeskiet en nog drie is gewond nadat hulle ʼn pizzawinkel in Fairland, Johannesburg beroof het.
Hofaansoek om loonbeslagleggings te keer
ʼn Groep plaaswerkers wat almal diep in die skuld is gaan mikro-uitleners hof toe vat in ʼn poging om hulle te keer om op mense se salarisse beslag te lê, het Rapport Sondag berig.
Modise vergader glo met polisie oor plaas
Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, wou nie Sondag kommentaar lewer op berigte dat sy die week met die polisie sal vergader oor haar plaas in Noordwes nie.
Steenkoolsilo by Majuba stort ineen
ʼn Steenkoolsilo by Eskom se Majuba-kragstasie in Mpumalanga het ineengestort, het die kragreus Sondag gesê.
Nkandla-skikkingsvoorstel bespreek
Die departement van openbare werke gaan gesprekke hou oor ʼn skikkingsvoorstel met 12 van sy amptenare wat aangekla is in verband met die opgraderings by president Jacob Zuma se Nkandla-woning, het City Press Sondag berig.
Sekte: Kinders uit ma se sorg verwyder
ʼn Hof het twee kinders uit hul ma se sorg verwyder nadat sy glo by ʼn godsdienstige sekte aangesluit het, het die Sunday Times berig.
Ramaphosa plaas verbod op plaasuitsettings
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het glo ʼn verbod geplaas op wettige en onwettige plaasuitsettings, het City Press Sondag berig.
Veganis-juffrou in sop oor eetgewoontes, geloof
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het ouers se klagtes verwerp dat ʼn veganis-onderwyser hul kinders se eetgewoontes verander en hulle wegdraai van God, het Rapport Sondag berig.
Poskantoor het “berg” onafgelewerde pos
Daar is ʼn “berg” onafgelewerde pos by die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), het die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste gehoor.
Kragonderbrekings landswyd verwag
Eskom het aangekondig dat daar Sondag landswyd kragonderbrekings sal voorkom weens ʼn verlies aan kapasiteit by sy Majuba-kragstasie in Mpumalanga.
2 dood, 2 beseer in Boksburg-ongeluk
Twee mense is Sondagoggend dood en twee beseer nadat hulle motor teen ʼn betonversperring gebots het in Boksburg aan die Oos-Rand.
Gedagte vir die dag: God se liefde is elke môre nuut
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. (Klaagl 3:21-24)