“Iewers in Afrika, ek weet nie watter land nie, het die polisie die munisipale kantore bestorm, en ʼn klomp raadslede verwyder, en met ander raadslede vervang. Die polisie beset nou nog die gebou en niemand kan die gebou ingaan nie.” Herman Toerien neem tekens van ‘n ware piesangrepubliek onder die loep.
Alles vir Woensdag 5 November 2014
Onderwyser met speelgoedgeweer beroof
ʼn Onderwyser is Dinsdagoggend in Johannesburg op pad skool toe met ʼn speelgoedgeweer beroof en aangerand.
SAPD beset Limpopo-munisipaliteit
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se besetting van die Mogalakwena Munisipaliteit in Mokopane (Potgietersrus), Limpopo kan ingevolge wetgewing potensieel tot ’n daad van terrorisme verklaar word.
Man in Durban-straat gesleep
ʼn 20-jarige man is Dinsdagaand in Durban dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp gesteek en glo in ʼn pad gesleep is.
Oscar Pistorius-moordverhoor: “Vonnis is onbehoorlik”
Die staat het Dinsdag sy aansoek tot verlof om appèl teen regter Thokozile Masipa se skuldigbevinding en vonnis in die saak teen Oscar Pistorius ingedien.
Video: Polisiemanne beroof; agter in vangwa gedruk
Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat twee polisiebeamptes helder oordag in Rabierif in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof en agter in hul eie vangwa gedruk is. ‘n Video van die voorval volg onderaan die berig.
Afrikaans is Groot: Onkantspel oor Afrikaanse musiek
Die jaarlikse reeks Afrikaans is Groot (AIG)-konserte, wat volgende naweek begin, is daarop gemik om die gewildste Afrikaanse kunstenaars op publieke aanvraag op een verhoog saam te trek.
Gedagte vir die dag: Wanneer God oor my bly is
Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie! Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stiltevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou. (Sef 3:16-17)