Die polisie het bevestig dat die musikant Khuli Chana ʼn eis teen die minister van polisie ingedien het.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 November 2014
Man in hof vir moord op neef
ʼn Man van die Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy sy neef vermoor het, het vlugtig in die Douglas-landdroshof verskyn.
Skoolseun ter see vermis ná hy meisie wou red
ʼn 11-jarige seun word vermis nadat hy in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap deur die see meegesleur is nadat hy medeleerling probeer help het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Oscar Pistorius staan appèlaansoek teen
Oscar Pistorius se regsverteenwoordigers het hofdokumente ingedien waarin hulle die staat se aansoek om verlof tot appèl teenstaan.
Komitee wil EFF-LP’s vir 30 dae skors
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) dreig met regstappe indien die Nasionale Vergadering ʼn aanbeveling deur die parlement se komitee oor regte en voorregte dat 12 van die party se LP’s sonder betaling geskors word.
Video: “Swaar maar genadige vonnis”
Die Vrystaatse Hooggeregshof het Johan Prinsloo tot effektief 13 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in ‘n poging om ‘n aanval op die ANC se…
Saak teen koerant oor aparte toilette in Louis Trichardt
Die eienaar van die Vleissentraal-kantoorblok in Louis Trichardt, Limpopo het ʼn saak van naamskending teen die Sowetan-koerant aanhangig gemaak nadat hy berig het dat toilette by dié gebou vir verskillende rasgroepe geskei is.
Video: Geen pleitooreenkoms vir Hugo Ras
Die vermeende baasbrein van ‘n renosterstoperysindikaat gaan onskuldig pleit op al die aanklagte teen hom.
Woord: stadsjapie, plaasjapie, dorpsjapie
Gebruik jy nog die woorde “stadsjapie”, “plaasjapie” of “dorpsjapie” om na iemand te verwys? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woorde.
Foto: Dié Cell C-kliënt het nou genoeg gehad
ʼn Ontevrede kliënt het ʼn advertensieveldtog teen Cell C van stapel gestuur deur ʼn reusebanier voor ʼn winkelsentrum te hang met die woorde: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City”.
Nog ʼn ontploffing ruk weste van PTA
Twee mans is Vrydagoggend beseer nadat twee tuisgemaakte bomme in Suiderberg, wes van Pretoria ontplof het.
Vyf sterf in ambulans-ongeluk
Vyf mense is dood en een persoon is beseer nadat ʼn ambulans en ʼn motor naby Polokwane in Limpopo gebots het.
Foto’s: Kroningspark: Wit plakkers na ashoop geskuif
Die verskuiwing van nagenoeg 150 gesinne van die Kroningspark informele nedersetting na Munsieville in Krugersdorp is glo tydelik gestaak nadat bevind is dat hul nuwe tuiste glo onhigiënies, gevaarlik en nie geskik vir menslike bewoning is nie.
Foto’s: Nege polisiebeamptes vas vir korrupsie
Nege polisiebeamptes en ʼn werknemer van die Parow-polisiestasie in Kaapstad is Vrydagoggend in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.
Hý het Osama bin Laden doodgeskiet
Die man wat Osama bin Laden op 2 Mei 2011 tydens ’n klopjag op sy blyplek in Pakistan drie keer deur die kop geskiet het, se naam het uitgelek.
SA-boeties in plek van veiligheid geplaas
Die twee Suid-Afrikaanse boeties wat op straat in Sao Paulo, Brasilië gebly het nadat hulle ma vir dwelmhandel in hegtenis geneem is, word in ʼn plek van veiligheid gehou nadat hulle benoemde pleegouers geweier het om hulle in te neem.
DA-raadslid doodgeskok
Ken Denysschen, ʼn DA-raadslid van die Mpofana-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is Donderdagmiddag doodgeskok terwyl hy plakkate vir ʼn tussenverkiesing in die Midlands-gebied opgesit het.
Boek: Die ontwaking
“Die ontwaking” is ’n spesiale uitgawe van die filmweergawe van Karsten se “Abel se ontwaking” met Gys de Villiers, Juanita de Villiers en Paul Eilers in die rolverdeling. Nóg ‘n uitstekende spanningsverhaal uit Chris Karsten se pen.
Verbeter jou Afrikaans speel-speel
ʼn Nuwe webwerf, beterafrikaans.co.za, help jou om speel-speel beter in Afrikaans te skryf.
Kontrakte gestaak ná glas in skoliere se kos
Die kontrakte van twee maatskappye wat kos aan die nasionale skoolvoedingskema in Limpopo verskaf het, is gestaak nadat daar onlangs klippe en glas in die kosvoorraad gevind is.