Alles vir Maandag 10 November 2014

‘n Derde weg uit die doodloopstrate van die hede en verlede

Die doodloopstraat waarheen die land struikel as gevolg van die onbekwame regering, moet sommige Afrikaners nie verlei om met politieke heimweë na die Apartheidsdoodloopstraat van die verlede te verwys nie. Dis verkeerd, dis vrugteloos, en dit gee die venynige vyf die gulde geleentheid om Afrikaners se geldige strewes te besmeer met die teerkwas van ʼn moreel tereggestelde stelsel, skryf Flip Buys.