ʼn 13-jarige weermagkadet het Dinsdag die laaste van 888 246 keramiek-papawers by die Tower in Londen geplant wat elke Britse sterfte in die Eerste Wêreldoorlog gedenk.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 November 2014
Komitee versoek einde van poskantoorstaking
Die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste het Dinsdag gesê poskantoorwerkers moet dadelik terugkeer werk toe ná die vrywillige bedanking van die Raad van die SA Poskantoor.
Tiener in Noord-Kaap vermoor
ʼn 18-jarige meisie se naakte liggaam is op ʼn berg in De Aar in die Noord-Kaap opgespoor.
AngloGold, NUM bespreek afleggings
AngloGold Ashanti en die National Union of Mineworkers het ooreengekom om maniere te soek om afleggings te voorkom.
Bloem-man met gesteelde weermag-ammunisie betrap
Lede van die Parkweg-taakspan het Dinsdagoggend beslag gelê op 22 onwettige rondes ammunisie tydens ʼn klopjag op ʼn huis in Gardeniapark in Bloemfontein.
Meisie se lyk by stortingsterrein gevind
Die liggaam van ʼn negejarige meisie is by ʼn stortingsterrein in Evaton gevind, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
Man besteel glo ongelukslagoffer
ʼn Man is in Marble Hall, Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn slagoffer se selfoon by ʼn ongelukstoneel gesteel het.
Ventersdorp-polisiestasie beroof
ʼn Groep rowers het die Ventersdorp-polisiestasie beroof, het die polisie in Noordwes Dinsdag bevestig.
Akteur kritiek ná motorfietsongeluk
Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorprogram Woema op kykNET, is in ʼn kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid van die Unitas-hospitaal ná ʼn motorfietsongeluk Maandag in die ooste van Pretoria.
Staatsaanklaer níé skuldig aan rassisme
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het beslis dat ʼn voormalige hoofstaatsaanklaer by die Klerksdorpse landdroshof, Jacques Swanepoel, onbillik deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ontslaan is.
Resep: Pannekoek sonder eiers
Basiese resep vir eierlose pannekoek met ‘n heerlike lemoensous daarby.
Bekroonde RSG Kunstefees terug met die room van SA kunste
RSG se bekroonde op die lug kunstefees is van 10 tot 14 November terug met ‘n gehalte-aanbod van teater, komedie, musiek en selfs ‘n eksperiment met stilte.
Uitdrukking: ‘n Wit lewer hê
Het jy geweet iemand het “‘n wit lewer” wanneer die persoon meer as twee huweliksmaats oorleef het? Lees ook die oulike verduideliking waar dié uitdrukking vandaan kom.
Só lyk kanse vir reën
Baie binnelanders kan nog tot Woensdag lekker reën verwag, maar dan meer as ’n week op die volgende lafenis wag.
Man by winkel met springstof betrap
ʼn Man in sy 30’s is Dinsdag by die Makro-winkel in Silver Lakes in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem nadat springstof in sy besit gevind is.
Video: Lawa verwoes huis op Hawaii
Die lawa uit ʼn vulkaan op Hawaii wat sedert 27 Junie uit die Kilauea-vulkaan vloei, het die eerste huis bereik en in vlamme laat opgaan.
PTA-pa sterf twee maande ná huisbraak
Mark de Villiers, ʼn 43-jarige inwoner van Hesteapark in die noorde van Pretoria, is Sondag in die hospitaal dood, twee maande nadat hy tydens ʼn huisbraak in sy lies geskiet is.
Sewol-ramp: Veerbootkaptein sit lank
Die kaptein van die Suid-Koreaanse veerboot, die Sewol, is tot 36 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Foto’s: Toeris ernstig beseer toe hy in rotspoel spring
ʼn Nederlandse toeris is ernstig beseer nadat hy in die Knysna-gebied van die Tuinroete Nasionale Park in ʼn rotspoel gespring het.
Senzo Meyiwa-moord: Aanklagte teen verdagte teruggetrek
ʼn Aanklag van moord teen Zanokuhle Mbatha, in verband met die skietdood van Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, is Dinsdag teruggetrek.