Plons is ’n heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.
Alles vir Dinsdag 11 November 2014
Speurhoof lei Nkandla-ondersoek
Die hoofondersoekbeampte in die moordsaak teen Oscar Pistorius gaan aanklagte van korrupsie teen president Jacob Zuma ondersoek oor veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.
Nuuskommentaar: Anti-rassisme voed rassisme – skrywer
Soms is die beskuldiging dat die ander ʼn rassis is, ʼn poging om die finale woord oor ʼn dispuut te probeer inkry. Dit is vir baie die laagste ding wat iemand ʼn ander kan toesnou, en kan daarom nie oortref word nie.
‘Kapers’ vas na hoëspoed-jaagtog
Die polisie in die Wes-Kaap het twee vermeende kapers in hegtenis geneem na ʼn hoëspoed-jaagtog in Bellville.
Ontkleedanser in Joost-video vas vir dwelms
Marilize van Emmenis (29), die ontkleedanser wat destyds in Joost van der Westhuizen se sogenaamde seksvideo te sien was, is in verband met dwelmbesit in hegtenis geneem, het Beeld Dinsdag berig.
Boek: Afrdraaipad
Afdraaipad is ’n verhaal oor verkeerde besluite en pynlike gevolge. Van opstaan en oor begin. Is daar hoop as jy jou rug op God gedraai het? Lize se reis is een wat jou sal bybly.
Bloem-ongeluk eis twee
Twee mense is Maandagaand dood en twee beseer nadat hul voertuig op die N1-snelweg naby Bloemfontein, Vrystaat gerol het.
“Ek glo nie Oscar se storie nie,” skryf Reeva se ma
Reeva Steenkamp se ma glo nie Oscar Pistorius het haar dogter per ongeluk doodgeskiet nie en voel Suid-Afrika se regstelsel het haar in die steek gelaat, volgens haar boek wat Maandag uitgegee is.
Parow-polisiebeamptes in hof vir korrupsie
Tien beamptes van die Parow-polisiestasie in Kaapstad het Maandag in die Belville-distrikshof verskyn op aanklag van korrupsie.
Huisrower doodgeskiet in Lenasia
ʼn Huiseienaar van Lenasia, suid van Johannesburg, het ʼn rower doodgeskiet nadat hy deur ʼn groep mans in sy huis oorval en geskiet is.
Gedagte vir die dag: God wat lewe gee
U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons. (Ps 36:10)