Die Cell C-banier wat deur ʼn ontevrede kliënt by ʼn winkelsentrum in Johannesburg opgerig is, is geskend.
Alles vir Woensdag 12 November 2014
Gedig: Somer
Ralph Rabie, beter bekend as Johannes Kerkorrel, is vandag 12 jaar gelede, op 12 November 2002, in die ouderdom van 42 in Kleinmond naby Hermanus oorlede. ‘n Video van “Somer” met foto’s van Kaapstad verskyn onderaan die gedig.
Vier kinders se liggame in vrieskas gevind
Die liggame van vier kinders is Dinsdagmiddag in ʼn toegesluite boksvrieskas in Ermelo, Mpumalanga aangetref.
Pa doodgeskiet terwyl hy gesin probeer beskerm
Wimpie Gadney (41) is Maandag ten aanskoue van sy gesin tydens ʼn kaping in Glen Marais aan die Oos-Rand doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Die mensdom se kop in die sterre
As alles goed verloop, sal die mensdom ’n minuut of twee na 18:00 Suid-Afrikaanse tyd vir die eerste keer daarin slaag om ’n tuig op ’n komeet te laat land.
Voetganger sterf ná rollende motor hom tref
ʼn Man in sy 30’s is dood nadat ʼn motor op ʼn nat pad in Hatfield, Pretoria gerol, en hom langs die pad getref het.
Alberton-ongeluk: Trokbestuurder weer in hof
Isaac Wade Maruding, die vragmotorbestuurder wie se vragmotor in Oktober tydens spitsverkeer op die N12 in Alberton, Johannesburg in talle voertuie ingeploeg het, verskyn weer Woensdag in die Palmridge-landdroshof.
Berigte oor Oscar se moniteringstoestel “onwaar”
Die departement van korrektiewe dienste het Dinsdag berigte, dat die veroordeelde Oscar Pistorius nie op korrektiewe toesig vrygelaat kan word nie omdat ʼn elektroniese moniteringstoestel nie aan sy enkel vasgebind kan word nie, verwerp.
Ernstige finansiële knou vir Cosatu
Cosatu sal maandeliks meer as R1 miljoen in ledegeld verloor nadat sy sentrale uitvoerende komitee besluit het om Numsa te skors.
Nigerië-ineenstorting: Oorskot van SA’ners kom huis toe
Die oorskot van 85 persone van Suid-Afrika wat in Nigerië gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, sal na verwagting hierdie naweek huis toe gebring word.
Gedagte vir die dag: Wanneer dit donker word om my
U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my. Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. (Ps 18:29-30, 33-34)