Die Tshwane-metropolisie gaan ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria bring om die onwettige grondbesettings in Nellmapius, oos van Pretoria, te probeer keer.
Alles vir Donderdag 13 November 2014
Resep: Bobotie
Bederf gerus jou kuiergaste met dié maklike resep vir ‘n heerlike bobotie.
Boek: Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament
In Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament bespreek Jan van der Watt en Francois Tolmie die hoofmomente van die Nuwe Testament een vir een; op só ’n manier dat ’n leser ontdek wat die Nuwe Testament vandag vir gelowiges te sê het.
Uitdrukking: In jou noppies wees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “in jou noppies wees”.
Tuig veilig op komeet
Ten spyte van ʼn paar probleme, blyk dit dat die tuig Philae, veilig op die komeet 67P/Churyumov–Gerasimenko, 500 miljoen kilometer van die aarde, geland het.
TV-ster ontwaak uit geïnduseerde koma
Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, is wakker gemaak uit die geïnduseerde koma waarin hy geplaas is nadat hy Maandag in Pretoria in ʼn ernstige motorfietsongeluk betrokke was.
Cell C-banier: ‘Dis wraak’
Die hooggeregshof in Johannesburg sal Donderdag uitspraak lewer rakende Cell C se dringende aansoek om ʼn “lasterlike” banier te laat verwyder.
Henning-moordsaak hervat
Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, gaan na verwagting Donderdag weer in die Pretoria-streekshof verskyn in verband met haar moord.
Pa, seun vas oor leerling se dood
ʼn Pa en sy 15-jarige seun is in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ʼn hoërskoolleerling.
Man in hof oor ‘sambok-aanval’
ʼn 42-jarige man sal Donderdag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag dat hy ʼn tuinwerker met ʼn sambok aangerand het.
Afrikaans is Groot: ‘Konserte is veilig’
Die konsertreeks van Afrikaans is Groot (AIG), wat Vrydag in Pretoria begin, sal veilig wees en effektiewe maatreëls is in plek om dit te verseker.
Gedagte vir die dag: Doring in die vlees
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. (2 Kor 12:9)