Sampioene kan die wêreld red! Hierdie video wys op ‘n baie spesiale manier hoe sampioene in die natuur groei.
Lees meerAlles vir Vrydag 14 November 2014
Pensioenaris in Lenasia vermoor
ʼn 68-jarige vrou is Vrydag dood aangetref in haar huis in Lenasia uitbreiding drie, suid van Johannesburg.
SA ma weer in Londen-hof ná kinders se moord
Tania Clarence (43), ʼn ma van Suid-Afrika wat drie van haar kinders in Engeland versmoor het, het Vrydag onbedaard in die hof gehuil toe sy verdere besonderhede oor die moord bekend gemaak het.
JHB-smous vermoor
ʼn Man het Vrydag in Johannesburg se middestad een straatsmous doodgeskiet en ʼn tweede gewond.
Baba en ouma sterf weens gasinaseming
ʼn Vrou en haar vier maande oue kleinkind is in Pretoria dood nadat hulle die gasse van ʼn kragopwekker ingeasem het.
Man skiet kollega in Sandton dood
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo Vrydag ʼn kollega by sy werkplek in Wynberg, Sandton in Johannesburg doodgeskiet het.
Redakteursbrief: ʼn Waterkrisis en ʼn reënboognasie
Susan Lombaard vertel hoe ‘n waterkrisis ‘n hele woonbuurt verenig het.
Foto’s: Tornado in Mpumalanga afgeneem
ʼn Stormstelsel oor Carolina in Mpumalanga het glo Vrydagoggend ʼn skouspelagtige tornado veroorsaak.
Boek: Franse Vlegsel
Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregse en romanties soos sy voorgangers te wees.
Woord: laatlammetjie
‘n Laatlammetjie is gewoonlik ‘n verrassing vir almal. Het julle ‘n nakomertjie in die gesin? Taaltoffie ondersoek al die benamings vir dié kinders.
Video: Parlement-vuisgeveg met selfoon afgeneem
Beeldmateriaal van die omstrede vuisgeveg Donderdagaand in die Nasionale Vergadering (NV) is op YouTube gelaai.
Video: Fantastiese foelie
Het jy geweet jy kan ‘n braairooster met foelie skoonmaak, of warm olie opvang of selfs makliker jou swaar meubels skuif? Hierdie video bied ‘n hele paar interessante en baie handige wenke met alledaagse foelie.
Man vas vir Lenasia-dubbelmoord
ʼn 54-jarige man is Vrydag in Lenasia, Gauteng in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin en ʼn vriend doodgeskiet het.
Beplan jou ski-vakansie só
Beplan jy ‘n wit Kersfees? Dan mag jy nie Marianne se wenke vir ‘n ski-vakansie misloop nie.
Taegrin-sleepdood: Aanklagte teen verdagte teruggetrek
Aanklagte teen Thamsanqa Twala (32), ʼn man wat moontlik deel was van ʼn groep wat die sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris veroorsaak het, is Vrydag in die Boksburg-landdroshof teruggetrek.
Misnoeë oor goedkeuring van Nkandla-verslag
Verskeie opposisiepartye het hul misnoeë uitgespreek nadat die ANC Donderdag sy meerderheidstem gebruik het om die ad hoc-komitee se verslag oor Nkandla amptelik te aanvaar. Dié verslag skeld president Jacob Zuma vry van enige blaam vir die opknappings van R246 miljoen aan sy persoonlike woning by Nkandla in KwaZulu-Natal.
Regstreeks: Volg speaker Baleka Mbete perskonferensie
Volg speaker Baleka Mbete se perskonferensie regstreeks.
Nuuskommentaar: Parlementêre chaos
As iemand nog getwyfel het oor Maroela Media se oordeel gister dat die ANC ook anargie na die parlement bring, is daardie twyfel later gister met mening uit die weg geruim
Sanger ondersteun Bokke met gratis liedjie
Die sanger Etienne Steyn wil glo ʼn “wengees opbou wat die Springbokke kan dra” ná die span se onlangse nederlaag teen Ierland deur ʼn liedjie, wat hy eintlik vir die Wêreldbeker volgende jaar geskryf het, nou verniet beskikbaar te stel.
Krejcir se oefentoerusting glo ná Oscar se aankoms geskuif
Oscar Pistorius en die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir het saam in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria geoefen.