Al nege eksperimente aan boord van die landingstuig, Philae, het gewerk en die data is via die moederskip Rosetta na die aarde teruggestuur, aldus die Europese Ruimteagentskap
Lees meerAlles vir Maandag 17 November 2014
ATNS ontken rassisme teen lugverkeerbeheerders
Air Traffic and Navigation Services (ATNS), die regeringsinstansie wat lugverkeer in Suid-Afrika beheer, het Maandag sy skok uitgespreek oor bewerings dat hy twee van sy bestuurders valslik van rassisme beskuldig het.
Gautenger in hof oor moord
Tony Matheus (54) het Maandag vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn nadat hy glo sy meisie en ʼn vriend doodgeskiet het.
Namibië onthoring renosters om stropery te voorkom
Omgewingsowerhede in Namibië wat met ʼn groot proses begin het om swartrenosters te onthoring, het reeds drie karkasse opgespoor wat deur stropers agtergelaat is.
Underberg-plaasmoord: Twee sit lewenslank
Twee mans is Maandag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord van Daniel (Dan) Knight in Oktober 2013.
Munisipale kantoor in Richmond afgebrand
Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat die munisipale bestuurder se kantoor vroeg Maandagoggend in Richmond, KwaZulu-Natal afgebrand het.
Oupa van Pretoria word vermis
Kobus van der Berg (65), ʼn pensioenaris van Pretoria, word al sedert Saterdag vermis.
Afrikaans is Groot: Konsert skop af sonder enige betoging
Die eerste vertonings van die Afrikaans is Groot-konserte het vlot verloop ten spyte van dreigemente deur die ANC-jeugliga dat hulle daarheen gaan opruk om te betoog oor onlange opmerkings deur Steve Hofmeyr.
VSA dokter sterf aan ebola
Dr. Martin Salia, wat vroeër gesê het hy voel “geroep” om met pasiënte in Sierra Leone te werk, is Maandag by ʼn hospitaal in Nebraska, Amerika, oorlede, berig WOWT6 News.
Video: Vreemde trougeskenk ʼn treffer op sosiale media
ʼn Video van trougaste wat elkeen ʼn teugie “Fireball Cinnamon Whisky” neem, is ʼn treffer op sosiale media.
Video: Haaiaanval-oorlewende veg vir beskerming van spesie
Achmat Hassiem, ʼn Paralimpiese swemmer wat ʼn haaiaanval oorleef het, doen deesdae heeltemal die teenoorgestelde as wat van hom verwag sou word.
Branderskiër se liggaam gevind
Mark Feather (43), die branderskiër van Rivonia in Johannesburg wat Saterdagoggend naby Oos-Londen tydens ʼn branderski-wedren verdwyn het, se liggaam is Maandag opgespoor.
Boek: 101 Kleinkoekies
Daar is iets meer as blote nostalgie aan die reuk van varsgebakte koekies, dit grens aan die magiese wanneer meel, botter en hitte iets produseer wat met al ons sinne waardeer kan word.
Aanrandingsake ná parlement-vuisgeveg
Die Demokratiese Alliansie het vier aanklagte van aanranding aanhangig gemaak ná Donderdagaand se omstrede vuisgeveg in die Nasionale Vergadering.
Goeie nuus: Akteur trap ver vir honger magies
Die akteur, Ivan Zimmermann, gaan binnekort ʼn fietstoer van Kaapstad na Kaïro in Egipte onderneem om kos vir honger kinders in te samel.
VSA dokter “kritiek siek” met ebola
ʼn Dokter wat die ebola-virus opgedoen het terwyl hy in Sierra Leone gewerk het, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Nebraska, Amerika. Kyk gerus na die video onderaan die berig waarin Salia verduidelik sy werk is ‘n roeping van God.
Man se liggaam op Seepunt-promenade gevind
Die liggaam van ʼn man, in sy 40’s, is Maandagoggend by die Seepunt-promenade in Kaapstad opgespoor.
WAT Woord van die Week: koejawel
Die WAT Woord van die Week is “koejawel”
Saak teen Zuma se seun uitgestel
Die geregtelike ondersoek om te bepaal of pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, aanspreeklik gehou kan word vir ʼn noodlottige taxi-ongeluk, is Maandag in die Randburgse landdroshof uitgestel sodat die staat en verdediging deur al die bewyse kan gaan.
Nóg ‘n IS-onthoofding
Die Wit Huis het bevestig dat ‘n video, wat toon hoe die IS die Amerikaanse hulpdienswerker, Peter Kassig, onthoof word, eg is.