Eskom het Dinsdag gesê daar word geen beurtkrag beplan nie ondanks die toenemende aanvraag na elektrisiteit.
Alles vir Dinsdag 18 November 2014
Goeie nuus: Vermiste oupa stuur SMS
Kobus van der Berg (65), die pensioenaris van Pretoria wat Saterdag verdwyn het, het Maandagaand van hom laat hoor.
Baba L: Hof hoor van wrede aanranding
Die Pretoria-hooggeregshof het Maandag gehoor dat die tweejarige dogtertjie, wat as Baba L bekend staan, nie meer ʼn pols gehad het toe sy in Desember verlede jaar na die hospitaal gehaas is nie.
Uitdrukking: Goeie goed in uitdrukkings
Maroela Media fokus vandeesweek saam met ‘n paar ander organisasies op goeie nuus. Taaltoffie fokus op ‘n paar uitdrukkings waarin die woord “goed” voorkom.
Massamoordenaar Charles Manson gaan trou
Charles Manson, die massamoordenaar wat in 1969 saam met sy meelopers die swanger aktrise, Sharon Tate en nog ses ander mense vermoor het, gaan nou in die tronk trou.
Sterk aardskuddings skud Griekeland
Twee sterk aardskuddings het Griekeland minder as ’n honderd kilometer van die hoofstad, Athene, getref.
Nuuskommentaar: Is goeie nuus ’n ingesteldheid?
Die geheim is om ’n gesonde balans te handhaaf van kennis te neem van die harde werklikheid om ons, maar nie neuroties daaroor te raak nie, en goeie nuus raak te sien en te waardeer, sonder om voeling met die werklikheid te verloor.
VSA verwag onluste oor uitspraak
Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat, Missouri, het ’n noodtoestand verklaar voor die groot jurie vandag uitspraak lewer in die skietvoorval waarin ’n wit polisiebeampte in die stad Ferguson ’n jong swart man doodgeskiet het.
Lenasia-grondverkoper word gevonnis
ʼn Voormalige werknemer van die stad Johannesburg sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof gevonnis word vir sy betrokkenheid by die onwettige verkoop van staatsgrond in Lenasia.
Druk op Mbete geplaas
Opposisiepartye het aangedui dat hulle van plan is om Dinsdag druk op speaker Baleka Mbete te plaas wanneer die Nasionale Vergadering weer bymekaarkom nadat die oproerpolisie verlede week by die parlement moes ingryp.
Polisie fnuik poskantoordiewe
Een man is Maandagmiddag dood en nog ʼn persoon beseer tydens ʼn skietery met die polisie wat ʼn diefstal in Npafufu in die Oos-Kaap verhoed het.
Gedagte vir die dag: Moed
Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie. (Deut 31:8)