Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Saterdag gesê medianavrae wat daartoe gelei het dat sy adjunkvoorsitter R6 000 moes terugbetaal ná ʼn eis vir vermaak-uitgawes, is deel van ʼn smeerveldtog.
Alles vir die maand November 2014
‘Dronk’ jaagduiwel in KZN aangekeer
ʼn Man is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat hy glo teen 211 km/h op die N2 aan KwaZulu-Natal se suidkus gejaag het.
Twee veiligheidswagte doodgeskiet
Twee veiligheidswagte is Saterdag tydens ʼn skietery tussen lede van twee sekuriteitsmaatskappye in Orange Farm, in die suide van Johannesburg, doodgeskiet.
Griekwastad-moorde: Don het glo tronkreëls gebreek
Die departement sal bewerings ondersoek dat die veroordeelde moordenaar Don Steenkamp reëls by die Kimberley-gevangenis verontagsaam het.
Kommer oor skoolfinansies
Die meeste openbare skole se finansiële posisie is glo só benard dat dit ’n wesenlike bedreiging vir gehalte-onderrig inhou.
Min onreëlmatighede in matriek-eindeksamen
Die departement van basiese onderwys het Vrydag gesê ondanks dreigemente oor betogings in sommige dele van die land het die matriek-eindeksamen glad verloop.
Video: “Beëindig Eskom se monopolie”
Solidariteit het met voorstelle vorendag gekom om die kragkrisis te probeer oplos. Die vakbond sê Eskom moet onder meer beter instandhouding doen en nie van kundigheid ontslae raak nie.
Skorsingsbriewe aan EFF-LP’s gestuur
Die parlement het Vrydag bevestig dat skorsingsbriewe en kennisgewings van boete verskuldig aan verskeie LP’s van die Ekonomies Vryheidsvegters gestuur is.
11 beseer in La Lucia-ongeluk
Elf mense is Vrydagmiddag beseer toe ʼn Hyundai-vragmotor ʼn bakkie op die M4 in La Lucia in Durban van agter getref het.
Drie uitlanders vas oor Bangladesjer se moord
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn man van Bangladesj in Ermelo, Mpumalanga met ʼn skerp voorwerp aangeval het.
Oupa sterf 21 uur ná ouma weens “gebroke hart”
George Pittman (77) is ure na sy vrou, Pat, oorlede aan ʼn aneurisme in sy bors oorlede, vermoedelik weens ʼn gebroke hart.
Eerste fase van renoster-skuif suksesvol
SANParke het Donderdag aangekondig hy het suksesvol die eerste fase van sy renosterskuifprogram in die Krugerwildtuin afgehandel.
Misverstand oor Gary Player se twiet
Project Rhino KZN het Vrydag berigte dat die natuurbewaarder Ian Player oorlede is, ontken.
Eskom bevestig beurtkrag oor die naweek
Eskom het Vrydag bevestig dat beurtkrag die naweek in werking sal tree om die organisasie se water- en dieselreserwes te vermeerder.
Gedagte vir die dag: God hou jou vas
Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. (Jes 41:10)
Video: McDonald’s-burger in die kerk
Sou jy verkies om kerk toe te gaan as jy sommer ʼn Big Mac en skyfies ook daar kon koop? McMass wil ʼn McDonald’s-tak in ʼn kerk oopmaak.
Video: Verrassing vir leeus wat buffel aanval
‘n Trop leeus in die Krugerwildtuin het ‘n buffel aangeval, maar hulle het nie geweet wat wag op hulle nie.
DA onttrek uit Limpopo-munisipaliteit
Die Demokratiese Alliansie het besluit om uit alle politieke aktiwiteit in die Mogalakwena-munisipaliteit in Limpopo te onttrek.
Goedere vernietig in brand by Beitbrug-grenspos
Goedere ter waarde van tot $5 miljoen (ongeveer R55 miljoen) is vernietig tydens ʼn brand by die doeanestoor aan die Zimbabwiese kant van die Beitbrug-grenspos.
Twee beseer in brand by KFC in Pinetown
Twee mense het Vrydagmiddag ernstige beserings opgedoen na ʼn brand by die KFC in New Germany, Pinetown in KwaZulu-Natal.