ʼn Man is Saterdag geskiet en gewond tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn juwelierswarewinkel in Kimberley in die Noord-Kaap.
Alles vir die maand November 2014
My ou tante Koba- Laurika Rauch
Die legendariese Afrikaanse sangeres Laurika Rauch verjaar vandag. Hier is die titelsnit vanaf haar album My ou tante Koba.
Foto’s: Duisende wys hulle steun vir Pretoria se naam
Duisende mense het vandag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te toon.
Trokdrywer soek ná botsing 4 eis
Die polisie in Bethlehem in die Vrystaat is op soek na ʼn vragmotorbestuurder wat gevlug het na ʼn botsing wat die lewens van vier mense geëis het.
Vrou vas oor vuishou
ʼn Vrou van Heidelberg in Gauteng is in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn polisiebeampte met ʼn vuis in die gesig geslaan het.
Bloem-onnie gepos oor ou vlag, Malema en ape
Die Vrystaatse onderwyser wat ʼn ou landsvlag en foto’s van ape en Julius Malema in ʼn klaskamer vertoon het, is afgedank, het Beeld Saterdag berig.
Mans vas oor renosterhoring
Twee mans is Vrydag by OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem vir die besit van renosterhoring.
T.T. Cloete vereer by FAK 85 Prestige-aand
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydagaand tydens ʼn spoggeleentheid toekennings oorhandig aan mense wat op verskeie terreine ’n uitnemende bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur.
Zuma verleng wéér Seriti-kommissie se spertyd
Pres. Jacob Zuma het die spertyd vir die Seriti-kommissie se ondersoek na die wapentransaksie weer verleng.
Amptelike begrafnisse vir Meyiwa en Mulaudzi
Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, en Olimpiese silwermedalje-middelafstandatleet Mbulaeni Mulaudzi sal amptelike provinsiale begrafnisse kry, het president Jacob Zuma gesê.
Een dood na Virgin-ruimtetuig neerstort
Virgin Galactic se eerste kommersiële ruimtetuig het Vrydag tydens ʼn toetsvlug in ʼn woestyn naby Los Angeles, Kalifornië neergestort.
Pa tronk toe na hy dogter verkrag
ʼn Man is tot tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy sewejarige dogter, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Drie gevonnis vir moord op metrobeampte
Drie mans is in die Palm Ridge-landdroshof tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis vir die moord op ʼn metropolisiebeampte.
Gedagte vir die dag: Die vrou by die put
Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Joh 4:13-14)