Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag gekeer dat die oorspronklike nadoodse ondersoekdokumente van die anti-apartheid-aktivis, Steve Biko, opgeveil word.
Alles vir Woensdag 3 Desember 2014
Video: ‘n Baie spesiale Kerslied
Leonard Cohen se bekende lied, Hallelujah, kry in dié weergawe deur Cloverton ʼn nuwe betekenis.
Goeie Nuus: Theunis Nel vorder baie goed
Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, vorder baie goed en is uit die intensiewesorgeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion oorgeplaas na die hoësorgeenheid.
Proteas en Springbokke pak mekaar
Die Proteas en die Springbokke gaan mekaar Vrydagaand op Wanderers in Johannesburg die stryd aansê in die Nelson Mandela Nalatenskapbeker T20-wedstryd.
Gedig: Reënvrou
Cas Vos speel in dié gedig so mooi met die woorde, mens hoor sommer hoe val die reën as jy dit hardop lees.
Talle beseer ná twee busse in KZN bots
Minstens 53 mense is Woensdag beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee busse op die N3 naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Nuuskommentaar: Wêrelddag vir persone met gestremdhede
Vandag is Wêrelddag vir Persone met Gestremdhede, en in Suid-Afrika Nasionale Dag vir Persone met Gestremdhede.
Boek: Moord per suurlemoen
Die tienertweeling, Bruno en Brunhilde moet vlug op ‘n motorfiets, omdat hulle die buurvrou per abuis met ‘n suurlemoen “doodgegooi” het. Die boek se sterk punt is die verfrissende humor. ‘n Lokprent vir die boek volg onderaan die berig.
Man verkool ná botsing met trekker
ʼn Man het Dinsdagaand verkool nadat sy paneelwa teen ʼn trekker naby Bethlehem in die Vrystaat gebots het.
Boek: Leiboom
In hierdie debuutdigbundel word die lewensloop van die mens, ons ellendes en ironieë en veral ons ervaring van kontraste in die natuur en in onsself, soos dié van groei en aftakeling, intens menslik dog gestroop betrag.
Boek: Vermis op Allesverloren
Toe haar eksentrieke tante Erta verdwyn, kry Melinda ’n privaatspeurder om te help soek, bekommerd dat Erta dalk in gevaar is.
Raadslid vas wat glo premier wou vermoor
ʼn Vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy saamgesweer het om die Noordwes-premier Supra Mahumapelo en die uitvoerende burgemeester van Mahikeng, Gosiame Seatlholo, te vermoor, het die Valke gesê.
Kinders mag nie na leier vernoem word nie
Noord-Korea het sy burgers verbied om hul kinders na die leier Kim Jong Un te vernoem in ʼn poging om sy outoriteit te beskerm.
Twee ‘plunderaars’ in Oos-Kaap doodgeskiet
Twee vermeende plunderaars is doodgeskiet en 10 ander beseer in ʼn onderonsie met die polisie in Bizana in die Oos-Kaap, het die SAUK Dinsdag berig.
Man vas oor snelweg-diefstal
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag dat hy ses mense op die N1 suid in Midrand, Gauteng beroof het.
Gedagte vir die dag: Vertroue
Om dié rede ly ek ook hierdie dinge. Maar dit skrik my nie af nie, want ek weet op wie ek vertrou, en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou. (2 Tim 1:12)