As deel van die SAKP-geleide “strategie” om statuur aan pres. Jacob Zuma se presidentskap te probeer gee, word die president so ver moontlik uit landspolitiek (en die parlement) gehou, en internasionaal (op belastingbetalerskoste) skouer aan skouer aan skouer met wêreldleiers geparadeer.
Alles vir Vrydag 5 Desember 2014
Oomblik van stilte vir Mandela
Oudpresident Nelson Mandela is vandag ʼn jaar gelede in die ouderdom van 95 oorlede.
Uitdrukking: Vertel dit vir die matrose
Jy kan vir iemand sommer sê “gaan vertel dit vir die matrose” as jy nie sy stories glo nie. Lees vandag se Taaltoffie om meer oor dié uitdrukking te leer.
Parlement bekommerd oor polisiebrutaliteit
Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het gesê die aanranding van ʼn Kaapse ouma, glo deur polisiebeamptes, is jammer en onaanvaarbaar.
SA man kry borg in Botswana
ʼn Suid-Afrikaanse man wat vroeër in Botswana skuldig bevind en gevonnis is vir dwelmhandel, is op borg vrygelaat nadat hy appèl aangeteken het.
Pa, seun tronk toe oor renosterstropery
ʼn Pa en seun is Donderdag tronk toe gestuur nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle witrenosters in die Krugerwildtuin doodgemaak en onthoring het.
Gedagte vir die dag: Maak die beste gebruik van jou kanse
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. (Ef 5:15-16)