Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie se familie het gesê hulle is platgeslaan deur die nuus dat hy tydens ʼn mislukte reddingspoging doodgemaak is.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 Desember 2014
Eskom ontken ‘totale verduistering’
Eskom het gerugte dat daar Saterdagaand ʼn “totale verduistering” gaan wees ontken maar gesê beurtkrag gaan voort.
Twee rowers doodgeskiet
Twee vermeende rowers is deur veiligheidswagte doodgeskiet, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Wiskunde: ‘Kurrikulum nie die probleem’
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê die kurrikulum is nie te blameer vir die swak wiskunde-uitslae nie maar eerder die manier waarop dit aangebied word, het Beeld Saterdag berig.
‘Pierre sou vrygelaat word’
Die Al-Kaïda-militante wat die Suid-Afrikaner Pierre Korkie gyselaar gehou het, het beplan om hom vry te laat, het Gift of the Givers Saterdag gesê.
Pierre Korkie is dood
Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, is dood.
FNB moet ‘Steve’-advertensies onttrek
Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het FNB beveel om sy ‘Steve’-advertensies te onttrek.
Polisie vind dwelms ná wenk
Die polisie in die Wes-Kaap het op dwelms ter waarde van R9 miljoen beslag gelê ná ʼn wenk van die publiek.
Twee beseer in vliegongeluk
Twee mans is beseer nadat hulle ligte vliegtuig Saterdagoggend langs die R59 naby Henley-on-Klip, Meyerton neergestort het.
Reeva en Anni se ouers ondersteun mekaar
Reeva Steenkamp en Anni Dewani se ouers ondersteun mekaar en is verenig in hul rou, het die Saturday Star berig.
Vierjarige, drie ander sterf in N1-botsing
Vier mense, insluitend ʼn vierjarige seuntjie, is dood in ʼn trompop botsing op die N1 naby Edenburg in die Vrystaat.
Christoff Becker steeds agter tralies
Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, word steeds in die Kokstad-maksimumveiligheidstronk aangehou nadat die departement van korrektiewe dienste (DKD) sy vrylating op parool gekeer het.
Eskom begin weer met fase 3-beurtkrag
Eskom het aangekondig dat daar Saterdag weer beurtkrag fase drie toegepas sal word, wat beteken dat groter dele van die land sonder krag sal sit vir langer tydperke.
Egpaar sterf in N3-botsing
Twee mense is dood en 18 beseer toe twee voertuie reg van voor op die N3 in KwaZulu-Natal gebots het.
Gedagte vir die dag: Die liefde moet opreg wees
Die liefde moet opreg wees. (Rom 12:9)